Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Kayla Ferreira Kayla

Kayla Ferreira Kayla

Dorp: Ladybrand

Antwoord 1: My ma... die reuk van 'n vars gebak & die koppie koffie wat jy op die toonbank in die kombuis deel saam jou ma wat die potte roer & met alles in haar luister om te verstaan. Die plek waar ek my asem uitlaat na ek heeldag dit moes inhou, dit is die persoon wat jou altyd kies nie in die flieks manier van hard & uitspattig maar my wasgoed opvou na 'n lang dag, vir my die laaste stukkie koek wegsteek, vir my altyd my bed opmaak of net gou-gou vinnig weer daardie resep stuur. Die manier van my lewe vergemaklik. Die persoon wat dalk nie altyd die beste weergawe van my kry nie, maar wat alles kry. Mamma hoor die sig in my lang sinne, sien die stilte in my deurmekaar kop, mamma is die mooiste perspektief in die mees chaotiese dag. Die insig agter elke droom wat geplant is & realiseer het met mamma wat bank vas agter my staan. Mamma is my "grounding force" in 'n wereld waar dinge te veel raak, my skouer om op te huil, die hand wat my vang as ek verdwaal & my altyd lei. My veilige hawe waar ek onmeetbaar voel. My lewe mag dalk verander maar my ma sal altyd my fondasie wees, my pad terug huistoe. 'n mamma se plek is om haar dogter nie vreesloos groot te maak maar wel geaard. Geaard & onwankelbaar in wie jy is. Jy dra generasies se vroulike waarde & wat 'n eer om my ma se nalatenskap te dra in wie ek streef om eendag soos te wees.

Antwoord 2: Elke dogtertjie word groot met die idee dat hulle ma hierdie enorme waarde het wat altyd onbreekbaar bly, ek was groot gemaak met dieselfde idee maar ook met 'n ma wat nooit bang was of steeds is vir eerlikheid & emosies. My ma is meer as 10 jaar terug gediagnoseer met Rheumatoid Authritis dit is 'n inflamatoriese siekte wat jou hele liggaam aantas & daar is geen genesing. Deur baie tye moes ek daardie sterk vrou vir my ma wees. Haar help haar skoene vas maak soos sy my geleer het, haar help houers oopdraai & selfs die geleentheid om haar hare te kan blaas soos sy altyd myne het. Die lewe kan eendag sonskyn & rose wees & die volgende dag is jou lewe helemal iets anders. Hierdie het my geleer om altyd teenwoordig te wees, altyd & elke dag voluit te moet lewe. Dit het my ook geleer dat vulnerability nie altyd 'n swakheid is nie maar jou sterkpunt. Daar lê enorme waarde in rou & opreg te wees & te vra as jy hulp nodig het.

Antwoord 3: Respek & eerlikheid. Jou ma was al presies waar jy nou is & 'n skouer om op te huil & raad van iemand wat jou die liefste in die wêreld het is beter as 'n huis met mense wat skree & deure toe slaan. Ons almal was al daar, maar nou dat ek getroud is, is my ma werklik nie net my veilige hawe & my ma nie maar my beste maatjie. Wat meer wil mens hê as iemand wat jou diepste gehuime sal bewaar, jou privaatheid sal respekteer & altyd luister om te verstaan & nie om te oordeel. Ek wens meer mense wil gesels hieroor & kan die gemak hê om na hulle ma toe te gaan met alles. My ma het my groot gemaak om te erken as ek 'n fout gemaak het want eers dan leer jy die les & om altyd beter te doen as my vorige lesse of foute.