
Dorp: Johannesburg
Antwoord 1: My ma is my rots en trots. Ons ken mekaar in en uit. Een kyk en ons weet presies wat die ander een dink. Ek het onlangs n babaseuntjie gehad en my ma bly n volle 5min weg. Sy is gereeld by my huis en dit maak dit so spesiaal om te sien hoe my ma my seuntjie hanteer want ek weet 100% dat ek so behandel was en dit beteken alles. Soveel liefde wat sy het en omgee. Partykeer kry mens net daai voorgevoel van jou ma of my ma van my en dan as ons bel en vra wat gaan aan dan is daar altyd… hoe het jy geweet iets is fout… n spesiale bond wat mens nie ka verduidelik nie. My ma is laf, maar sy is my tipe laf en haar lag is so aansteeklik. Sy is spesiaal en verdien so baie.
Antwoord 2: Ek het op 2 Junie 2025 n babaseuntjie in die wêreld gebring, so paar komplikasies gehad en hy was NICU toe gestuur. My man het die tyd by my seuntjie deurgebring want hoe kan ons hom nou alleen los in die wêreld. Ek het my ma gebel en laat weet hy was NICU toe, sy het die hele dag by my kom spandeer en elke dag kom draai. Daar is niks beter as mamma liefde nie. Elke dag van my kraamverlof het ek my ma gevideo call na ons ontslaan was en vir haar gewys hoe hy lyk en hoe die aand was, laat middag het sy weer kom draai (ongelukkig werk sy van 08:00-17:00). Na ek weer moes terug gaan werk toe en weer “normaal funksioneer” na 4maande het ek gevoel iets is verlore elke oggend as ek nie my ma gebel het of kon bel nie. Maar sowaar elke dag op pad terug huistoe van werk af, bel ek en ons gesels en praat van die dag. Verbal diarrhoea sal ons soms sê. Ons het soveel nader aan mekaar gegroei en sterker geword in mekaar se liefde.
Antwoord 3: Gesels soveel as moontlik oor alles van pyne en skete tot die beste ding uit die dag. Sê altyd vir mekaar hoe lief julle mekaar het al is dit aan die einde van die gesprek n “lief vir mamma” of “sien mamma later”. Wees trots op jou ma/dogter. Gaan vir koffie dates as dit die sak pas, andersins gaan stap om die blok saam. Kwaliteit tyd is steeds belangrik al het die dogter n nuwe lewe (trou, kinders, werk)