Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Vicky Bekker

Vicky Bekker

Dorp: Naboomspruit Mookgophong

Antwoord 1: Al woon ek en my ma vêr van mekaar af, is sy elke dag naby aan my hart. Afstand het nog nooit ons verhouding bepaal nie. Ons bel mekaar daagliks en is deel van my alledaagse lewe. Dankie tog vir Whatsapp video call! Sy is nie net my ma nie, maar ook 'n voorbeeld vir my en my dogtertjie. Haar belange lê by haar verhouding met die Here, gesin en klein kinders. My ma is 'n statige, grasieuse vrou. Sy dra haar jare met waardigheid en sagtheid, en ek hoop dat ek eendag so mooi oud word soos sy- nie net uiterlik nie, maar in karakter en hart. My ma is my beste vriendin. Wanneer daar konflik is, is ons geneig om mekaar te kies BO die probleem. Dit is ek en sy teen die probleem. Ons verhouding het geen voorwaardes nie, wedersydse liefde en 'n voorbeeld wat van die verhouding wat ek eendag met my dogtertjie wil hê.

Antwoord 2: Ek en my ma het nie een spesifieke oomblik nodig om ons band te defineer nie, ons maak elke geleentheid spesiaal. Omdat ek so vêr bly, is dit belangrik. Of dit 'n groot feesdag is soos iemand se verjaarsdag/ doop/ graadvang of net 'n eenvoudige saamwees is, trek ons aan, doen moeite en sorg dat almal lekker eet. In die oomblikke leer ek by haar dat liefde in die klein dinge lê; in voorbereiding, aandag en omgee. Deur hierdie gedeelde tradisie het ons verhouding gegroei in waardering en verbondheid. Dit het my geleer dat kwaliteit tyd nie oor luuksheid gaan nie, maar oor teenwoordigheid. Hierdie ingesteldheid dra ek vandag voort, ook in my eie gesin, en so leef my ma se invloed elkde dag in my lewe aan.

Antwoord 3: Kommunikasie, kommunikasie. Deur om mekaar se belange te kommunikeer help. Dit is stresvol genoeg om 'n vrou te wees. As jou ma betrokke in jou lewe is, het jy iemand wat saam jou deur dik en dun sal gaan. Partykeer verstaan sy meer as jou man...