
Dorp: Pretoria
Antwoord 1: Soos kettie en klip, petrol op vuur, vinkel en koljander,,so kan ons aan en aan en aan gaan! Ons deel mekaar se diepste geheime en is beste vriendinne!! Wat meer kan mens voor vra??? Kan ons verskil en vas sit? Absoluut Is dit nie tog wat die lewe so interresant maak nie? Sy is en sal altyd een van my grootste geskenke van Bo wees!
Antwoord 2: Daar was al baie “downs” maar ek wil fokus op die een groot “up” Die een ding wat ek al so rukkie lank vrees is die dag wat sy sou uit die huis trek, min het ek geweet dat dit so bitter soet sou wees. My Vlooi, Bollie Boo,, my klein dogtertjie Is verloof!! Die opgewondenheid is ongelooflik maar daarmee saam ook ‘n leemte wat niemand kan vul nie. Maar ek gun my Bollie al die geluk in die wêreld en is saam met haar super opgewonde oor die nuwe hoofstuk wat voorlê!! Kan nie wag om te sien hoe mooi bruid sy gaan wees nie!!
Antwoord 3: Wees mekaar se anker in die moeilike tye en mekaar se heel beste supporter in die goeies!! Onrhou ook jy gaan eendag ook ‘n ouma/mamma wees xx