Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Marize Barnard

Marize Barnard

Dorp: Ashton

Antwoord 1: Ons verhouding is nie net bloed nie, 
dis bande wat met liefde geknoop is.
 Dis klein oomblikke wat groot word,
en groot oomblikke wat ons vir altyd dra. Wat maak dit spesiaal?
 Nie perfekte dae nie —
maar ONS. Ons lag tot ons mae seer is.
 Ons huil sonder skaamte.
Ons sing al is die noot verkeerd,
ons dans al kyk die wêreld. 
Ons leef hard,
met oop harte en oop arms. Wanneer die lewe swaar raak,
is sy my rusplek.
 Wanneer sy moeg is,
is ek haar krag.
 Ons luister, selfs in stilte.
 Ons verstaan, selfs sonder woorde. Ons gee om — diep en onvoorwaardelik.
 Ons is daar, elke keer.
Maak nie saak hoe die storm waai nie,
of hoe die pad draai nie,
ons laat mekaar nooit los nie. Want ons harte klop nie net saam nie,
hulle klop in een ritme.
 ‘n Ritme van liefde en geloof soos ‘n mosterdsaadjie.

Antwoord 2: Die dag toe my ma se broer oorlede is Daardie dag sal altyd in my bly. 
Nie oor die woorde wat gesê is nie,
maar oor die stilte wat alles gevul het. Dit was seer —
sjoe, só seer —
om my ma so te sien. 
Haar hele wese gebreek,
in stukkies op haar sitkamerbank.
 Nie sterk nie.
 Nie die een wat alles regmaak nie.
 Net mens. Net rou. Vir die eerste keer
kon ek haar vashou.
 Na soveel jare waar sy my vas gehou het. 
Al daardie jare
was sy altyd daar vir my. En toe draai die lewe sag, maar hard,
en die rolle skuif.
 My arms om haar.
 My hart wat probeer dra
, wat hare nie meer kon nie. Dit was seer, Maar ook mooi.
 ‘n Seer, maar heilige oomblik.
 ‘n Sirkel wat voltooi is —
die lewe wat fluister: 
nou is dit jou beurt. En in daardie brose stilte
 het ek verstaan:
liefde gaan nie net oor ontvang nie, 
maar ook oor gee,
 selfs wanneer dit jou eie hart ook stukkend maak.

Antwoord 3: Wees eerlik. LAG LAG LIEF LAG EN LEEEF!! Deel in mekaar se humor & seer. Dit alles maak saak! Want JY MAAK SAAK!!