
Dorp: Kaapstad
Antwoord 1: My ma en ek deel ’n baie hegte band wat gevul is met liefde en hope pret. Ons skep herinneringe in die klein oomblikke, laaste-minuut road trips, ontbyt-uitstappies en saam inkopies doen, selfs al window shop ons net. Sy is my grootste ondersteuner en my veilige plek. Wat ons verhouding besonders maak, is dat ons mekaar altyd kies, deur die goeie én die moeilike tye, en dat ons saam kan lag, praat en net onsself wees.
Antwoord 2: Ons het al baie mooi oomblikke gedeel, maar ook moeilike tye saam deurgemaak. Ons moes saam totsiens sê vir ’n geliefde troeteldier en later ook vir my geliefde ouma — my ma se ma. Hierdie tye was hartseer, maar dit het ons geleer om op mekaar te steun en saam sterk te wees. Deur alles het ons nader aan mekaar gegroei.
Antwoord 3: Wees daar vir mekaar deur die goeie én die slegte tye. Luister na mekaar met oop harte, wees geduldig en wys liefde, selfs wanneer dit moeilik is. Koester die klein oomblikke saam, want dit bou herinneringe en versterk die band. Gee om, hê lief en onthou dat eerlikheid en respek die fondament van ’n sterk ma-en-dogter-verhouding is