Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Ronél Swanepoel

Ronél Swanepoel

Dorp: Montagu, western cape

Antwoord 1: Ek het altyd opgekyk en mooi vrouens bewonder toe ek klein was...ek het plakboeke vol mooi modelle en sangeresse gehad....ek het nooit geglo ek is mooi nie, altyd gebid vir 'n mooi dogter..... Op 18 ontmoet ek 'n pragtige vriend in ons kerk, ek glo Jesus het hom gestuur vir my, so 4jaar ouer as ek.....Hyt my beskerm met sy lewe, ons is getroud toe ek 19 jaar was.....Hyt my altyd goed laat voel oor myself.... Ek het swanger geraak en op 20jr 'n buisswangerskap gehad, ons harte was stukkend.... God was goed ek het dadelik weer swanger geraak.....25Mei 1982 is die mooiste dogtertjie gebore......Ek het pop gespeel met Joline soos nog nooit, ek het vir haar die mooiste rokkies gemaak, goedjies gebrei...sy was 'n bors baba en ons het gebond soos nog nooit, my man was vreeslik beskermend teenoor ons altwee......Joline het net mooier en mooier geword met lang natuurlike krulhare presies waarvoor ek gebid het....syt grooter geword, Tiener en volwasse vrou net mooier en mooier....God het my geseën 2jaar later met 'n seuntjie en 6jaar daarna met nog 'n seuntjie....Joline was 'n pragtige sussie wat lief was vir haar boeties....Ek glo na my eerste buisswangerskap het ons verhouding baie diep geraak sonder dat ek dit besef het......

Antwoord 2: Soos Joline 'n Tiener geword het was dit vir my die lekkerste om vir haar die mooiste rokke en klere te koop, haar natuurlike lang krulhare was pragtig, als waarna ek gedroom het as klein dogtertjie....ek het van die huis af gewerk die decor wêreld ingestap vir ekstra geld, alhoewel my man 'n baie goeie en hoë pos gehad het, wou ek net meer en meer gee vir my kinders..... Dinge was egter nie altyd maklik nie, sonder dat ek dit besef het, het ek my swak selfbeeld aan haar oorgedra. Hoërskool was nie altyd maklik nie, sy was geliefd maar het ook swaar gekry haar mooi gesiggie het meisies baie jaloers gemaak, Joline het in skoonheid verder na skool gaan studeer vir 3jaar.. Die lekkerste was as ek haar model was en sy my mooi gemaak het, dit was baie spesiale oomblike wat ons nader aan mekaar gebring het... Sys later getroud, syt egter ook selfde pad geloop met 'n miskraam en ook 'n buis swangerskap, ek het sooo goed verstaan waardeur sy gaan, dit voel ek het ons ook nader aan mekaar gebring, ek het daai seer so goed verstaan.... God was egter baie goed en 'n pragtig krulkop dogtertjie is gebore en 3jaar later nog 'n dogtertjie....rukkie daarna is my dierbare Pa oorlede en my eie moeder het dimensia gekry, syt my dogtertjie geword vir omtrent 3jaar , my tyd met Joline en dogtertjies was beperk, My moeder het al my aandag nodig gehad, wat ek met liefde gegee het tot die einde.... Rukkie daarna verhuis Joline hulle skielik kaap toe, my hart was stukkend....ek het op en af gevlieg om tyd met haar en dogtertjies te spandeer.... Paar jaar later toe gaan my man met pensioen en ons verhuis na klein dorpie Montagu waar my man grootgeword het, en my kinders die mooiste memories opgebou het as kinders by hulle Ouma.... Ek en Joline en dogtertjie was net 2ure van mekaar af, en kon soveel verlore tyd opvang... Joline het groot besigheid met baie harde werk op die been gebring, syt als ingesit, ons was sooo trots, tot iemand die mat onder haar uitgeruk het.... Syt egter opgestaan en nie gaan lê nie, vandag het sy 'n Christelike aanlyn besigheid waar sy vroue bemoedig wat deur dieselfde gegaan het, en help met hul besighede... Ek dank Jesus vir my koningsdogter vir haar wysheid en liefde vir God.....

Antwoord 3: Daar is soo baie dinge...moet nooit 'n kind seun of dogter afkraak en minderwaardig laat voel nie, veral nie as hulle klein is nie, of jou swak selfbeeld aan hulle oordra nie.....Ek glo jou kinders kyk na 'n liefdevolle oog na jou as mama....ek glo enige mama is vir haar kinders mooi, maak nie saak wat nie.... My ma was vir my die mooiste vrou en sy het dit nie gelo nie, dit het gemaak dat ek dieselfde doen, ek wou nie eers skool toe gaan nie..... Wees ten alle tye daar vir mekaar as jou kinders deur seer gaan probeer dit optel, ek het dadelik aangevoel as my kinders deur moeilike tye gegaan het, dit maak dat hulle oopmaak teenoor jou as ouers... Ek was baie jonk met my kinders, my man was baie weg van die huis af asgv sy werk... Vandag besef ek hoe sterk Jesus my gemaak het sonder dat ek dit besef het... My kinders is nie net my kinders nie hulle is my beste maatjies met wie ek enige iets kan deel....Joline vat maklik leiding en gee raad aan ons as familie, ook aan my en my Man, ons luister en weet syt so sterk geraak deur als waardeur is...... Ek dank Jesus vir die wonderlike Mamma wat sy is vir haar 2 dogter.... My droom was nog altyd 'n Ma en dogter fotosessie met Willem Botha jy is die beste en glo jy kan vrouens die beste selfbeeld gee met jou wonderlike gawe wat jy van ons Vader ontvang het.....Jesus het ons vrouens mooigemaak sonder foute, ons moet dit net glo..... Al my liefde Ronél Mamma van Joline....