Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Maryna Reinecke

Maryna Reinecke

Dorp: Pretoria

Antwoord 1: Ek het my kinders geleer om met enige iets wat op hul hart is na my toe te kom. Soms is dit iets ligsinnig, soms net iets waaroor hulle n opinie wil hoor en dan is daar die swaardrukkende gesprekke wat met eerlikheid soveel meer "reg" kry. Ek en Andri het n baie noue band, sy is my meisiekind met die sagte, mooie hart en deel omtrent alles met mekaar. Sy is my oefen-maat, lekker gesels vriendin, rondloop in die winkels metgesel. Tans studeer sy in Bloemfontein maar wanneer sy huis toe kom probeer ons om elke dag te gaan stap, tyd saam te spandeer en die mooi in elke dag saam te geniet. Ons stem nie altyd oor alles saam nie maar dis waar jy moet besluit "to agree to disagree ". Andri se mooi menswees maak my hart vol.

Antwoord 2: Ek was in 2024 met borskanker gediagnoseer en moes 6 maande chemoterapie en 15 sessies bestraling kry. My seun Marco was op daardie stadium in Amerika en Andri was in haar Honneursjaar by Tukkies en was met elke behandeling saam met my. Ek het my hare begin verloor en met Moedersdag daardie jaar het sy my ylwordende hare af geskeer. Na elke chemoterapie sessie op n Vrydag het sy my by die huis besorg en ek die naweke omgeslaap. Sy was heeltyd by my, het my wakker gemaak om te eet en pille te drink waarna ek weer net geslaap het. Ons was nog altyd na aan mekaar. Sy is my grootste ondersteuner, inspirasie en meer as n beste vriendin.

Antwoord 3: Wees altyd eerlik en ondersteun mekaar. Jou klein dogtertjie met die 2 lang vlegsels word haar eie mens., help haar vorm en moenie jou persoonlike keuses op haar afdwing nie. Bou in haar tienerjare ekstra hard aan jul verhouding. sy het jou ondersteuning nodig in die chaos waardeur n tiener moet werk. Kommunikasie is die sleutel tot n baie goeie verstandhouding en gaan eendag tot baie "pizza en wyn"-aande lei.