
Dorp: Pretoria
Antwoord 1: Ons is soos vinkel en koljander, dit werk net. Ek en Rochelle deel alles, kan ure sit en saamkuier, die winkels deurkruis of sommer sit en kekkel oor n lekker koppie koffie. Ons besoek graag saam ons gunsteling spa saam, dan is dit moeilik om still te bly vir n uur, ons het net altyd iets waaroor ons wil praat. Ons is albei deur kanker geraak en dit het ons verhouding nog meer geheg gemaak. Ons raak skoon siek as ons mekaar nie elke dag sien of praat nie. Ons is gelukkig om mekaar se bestie te wees!
Antwoord 2: Ek en my dogter Rochelle het albei kanker gehad. Ek was eerste met limfoomkanker, wat n 4 jaar lange pad geneem het plus n stamseloorplanting. Rochelle het my op die hande gedra deur daai moeilike tyd. Kort na ek in remissie gegaan het is Rochelle met skildklierkanker gediagnoseer. Sy is deur n groot operasie waar hul haar skildklier plus 22 ander kwaadaardige kliere moes verwyder. Ek het toe weer die voorreg gehad om haar te versorg en bygestaan. Kanker het ons verhouding verinig, ons sou dit nie sonder mekaar kon maak nie. Ons bid en "worship saam en weet waar ons krag vandaan kom.
Antwoord 3: Om mekaar nie te probeer verander of beheer nie. Om mekaar te aanvaar nes ons is. Goeie kommunikasie, die nodige ruimte om te groei en ook ons eie godgegewe talente uit te leef en mekaar te ondersteun in alles. Ons mag verskil van mekaar, dis menslik, en om mekaar te respekteer te alle tye. Om n verhouding te laat groei is kwaliteit tyd saam belangrik. Maar, selfs afstand moet nooit verander aan jul verhouding nie, maar gereelde kontak/ kommunikasie is belangrik.