Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Carla Van der Merwe

Carla Van der Merwe

Dorp: Kimberley

Antwoord 1: Elke ma en dogter se verhouding is spesiaal. Ek en my ma kom van kleins af met baie groot emosionele en geestelike uitdagings. My pa was ‘n goeie pa en man, maar was deel van die grens generasie. Hy wou altyd vir ons beter geleenthede gee as wat hy en my ma gehad het, maar met sy vernielde hart was verbale mishandeling, en soms meer as dit, dikwels ons normaal. My ma was altyd die buffer tussen ons en my pa, en het baie emosionele houe gevat, ten koste van haarself. In dit, het sy altyd vir ons bo natuurlike liefde gegee, ons emosioneel ontwikkel om goeie EQ te hê, gebid en ons aan die Here opgedra. Toe ons lewens op 'n stadium op die familie plaas op ge-eindig het, het ons in erge finansiële uitdagings beland, en my ma, wat al die jare ‘n huisvrou was om ons self te kon versorg, moes uitspring en planne maak. Sy het koeksister gebak om ons klere wat by PEP “ge-lay-by” was, te gaan haal, klere gemaak, braai kuikens groot gemaak en verkoop. Sy het ons baie dinge geleer, dat: “jy kan arm wees, maar jy hoef nie eenvoudig te wees nie. Jy is wat Jesus sê jy is, jy is nie wat jy aantrek nie. Jy kan nie uitdeel wat jy nie ontvang het nie. (veral as daar seergoed na jou toe uitgedeel word) It’s never about us, it is ALWAYS about Him!“ Vandag is ek en my broer albei baie suksesvol, en is ek dankbaar vir die swaarkry jare, waar my ma ons geleer het om hard te werk, eerlik te wees en altyd op God te vertrou. Dit het 'n groot bydrae gehad tot my en my broer se sukses! Sy het deur al die moeilike tye altyd op die beste van my pa probeer fokus, sodat ons ook van hom sy goeie kwaliteite kon leer. Alhoewel ons kinders 'n paar keer gedink het sy moet hom skei, het sy, gehoorsaam aan die Here, gebly, en my pa het tot bekering gekom, drie maande voor sy dood. Als te danke aan haar!

Antwoord 2: Toe my ouers se huwelik op 'n stadium regtig baie moeilik was, besef ek dat my moeder emosioneel dood was. Ek nooi haar na 'n vrouekamp. Op dieselfde kamp, 'n jaar na my troue, het my lewe totaal verander. Ek het na daardie naweek besef dat alles gaan oor ‘n intieme verhouding met my Skepper en het ernstig my Bybel begin lees. Ek het God in dieptes ontdek wat ek nooit geweet het, bestaan nie. Na ek my ma op die kamp genooi het, het sy terug gegaan met nuwe moed vir haar huwelik. Sy het ook dieper in God gegroei, en die Bybel vir die eerste keer behoorlik verstaan en gelees. Sy het reeds papiere reg gehad vir n egskeiding, maar 'n vreemde persoon het vir haar gesê: “Die Here sê sy moet jou man nog drie maande kans gee!” Ek was woedend! Die trauma op daardie stadium het begin handuit ruk. Wat sou in drie maande verander wat in 37 jaar nog nooit verander het nie? Maar, sy het net gesê: “My kind, ek moet gehoorsaam wees!” Wat ‘n les was dit nie vir my van gehoorsaamheid nie! Op die laaste dag van die drie maande het my pa met haar gepraat en vergifnis gevra vir alles wat deur die jare gebeur het; dit van iemand wat altyd almal blameer het vir sy verkeerde optrede! Twee weke later het my ma hospitaal toe gejaag met hom met ‘n witbloedsel uitbarsting. Hy het leukemia gehad. Daardie naweek het drie mense ingekom met dieselfde probleem. My pa is die enigste een wat dit oorleef het, uit ‘n koma ontwaak het wat die dokters verstom het. In die hospitaal het ons, familie en vriende, wie maklik negatiewe woorde gespreek het, weggehou van my pa af. Ons het net lewe gespreek, en die liefde van Jesus met my pa gedeel, die vergifnis, die prys wat betaal is, selfs vir die ergste goed met hom gebeur het of hy gedoen het. My pa het dit met ope arms gevat. Hy en my ma het hulle harte versoen, en drie maande na dit, is hy huis toe. Gered! In die aangesig van Jesus! Al was die afsterwe van my pa, na nege jaar, steeds die moeilikste ding wat met my gebeur het, was dit vir ons ‘n oorwinning waaroor die Engele gejuig het! My pa was ‘n kerkmens; ‘n Ouderling; elke Sondag in die kerk; betrokke en hard gewerk by alles van die kerk, maar hy was nie gered nie! En hier, drie maande voor hy huis toe gaan, omdat my ma gehoorsaam was, en hom nie gelos het nie, kom hy tot bekering; beleef hy die heerlikheid van God waarvan ek hom vertel het, soos wat hy al geruime tyd in my en my ma gesien het! Dit, is genade! Die ou wat op die laaste uur ingeval het, en steeds die volle loon ontvang! Dit het my en my ma nog nader aan mekaar gebring, veral op ‘n geestelike vlak! Vandag kan ek en my ma baie ander mense help, wat in dieselfde situasie sit, en dit met mekaar deel!

Antwoord 3: Jesus, Jesus, Jesus! Grace met mekaar se foute en tekortkominge. Al is sy jou ma of jou dogter vir wie jy baie lief is, sy bly ‘n mens wat uit ‘n seer agtergrond uit kom, en die beste doen met wat sy gekry het, en huidiglik ook het! As julle grace vir mekaar kan hê, dan kan jy dit vir die mense om jou ook hê. Praat oop en eerlik oor hoe julle voel. Moenie aanstoot vat nie. Moenie skuldig voel oor wat die ander een sê nie. Dit is nie 'n aanklag as mens eerlik praat oor hoe jy voel nie. Dit is die ideale geleentheid om te luister, te reflekteer, aanpassings te maak, en die lewe verder te geniet! As jy 'n opregte hart het, sal jy bly wees as die ander een deel hoe sy voel, ipv aanstoot neem. Iemand met 'n opregte hart wil altyd beter wees, en wil weet waar kan hulle verbeter. Jesus het al die aanstoot aan die kruis kom dra, sodat ons nie hoef nie! Respekteer mekaar. Ma’s respekteer jou dogter, dat sy ‘n volwasse vrou is, nie meer ‘n kind nie, en dat jy haar die beste wat jy kon, groot gemaak het, en dat sy soms haar eie foute moet maak om te leer in die lewe, want hoe anders gaan sy ‘n ma soos jy wees, as sy nie self leer en aanpas om te verbeter nie. Dogters, respekteer jou ma, dat sy al ‘n langer pad in die lewe stap as jy. Dat sy al meer lesse geleer het as jy. Luister wat sy sê, reflekteer oor dit, voor jy dit net afskiet, want miskien het dit wel goeie waarde, en dan mis jy uit! Ma’s bid vir julle dogters! Altyd deur! Dogters wil voel hulle dra hulle ma se goedkeuring weg, selfs al maak hulle besluite waarmee jy nie saamstem nie. Bly ondersteunend, want jy het haar lief, en skep vir haar ‘n veilige plek om te ontdek, te groei en te leer, sonder verwyt en sonder afbreek! Laat niks die eenheid van julle liefde vir mekaar, en julle Skepper verniel nie, want die Woord sê waar daar eenheid is gebied Hy seën – Lewe tot in ewigheid!