Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Yvette Malan

Yvette Malan

Dorp: Lephalale

Antwoord 1: Ek en Fran verskil 25 jaar. Ons verhouding het regtig baie heg geraak toe sy op 25 na universiteit terug gekom Lephalale toe as die Lephalale Mall bestuurder. Sy het vir n paar maande by ons op die plaas ingetrek en ons het nagte saam om gekuier. Ek het vinnig geleer hoe om my volwasse dogter te hanteer. Groot geheim:Hou jou mond toe en gooi altyd n skoon welkom mat voor jou deur. Luister onder om te veel te praat.Hou jou kritiek idees en ervaring vir jouself tot sy jou vra. Fran soos ons haar noem is sag met my.Sy kritiseer my nooit maar sal se:Mamma dink mamma nie n helder lipstiffie sal mooi lyk by Mamma? Sy het baie respek vir my en haar pa. Ons 2 het die seisoen saam deel geneem aan Kokkedoor Son en see en hier het ons die bewys gekry dat ons nog steeds onder baie druk heerlik saam kan lag, beplan en net mekaar se geselskap kan geniet. Fran is my dogter en ek is haar ma.Sy is nie my beste vriendin nie. Ek is ook nie haar beste vriendin nie. Ons het albei beste vriendinnen waarmee ons saam kuier. Maar ons kan ook saam met mekaar se beste vriendinne kuier. Fran het n seuntjie van 3 en n dogtertjie van 1. Haar dogtertjie se naam is Yvette.Dit was n groot verrassing vir my en natuurlik n baie groot eer. Ek het soveel respect vir Fran.Sy is mooi slim gedwee is n ongelooflike, liefdevolle, oulike mamma.Sy werk hard kan lekker kos maak is gasvry en is baie lief vir die Here.

Antwoord 2: Kom ons begin by die goeie tyd. Fran is gebore toe ek 24 was.n Klein poppie.Ek het bedank as onderwyseres want ek wou nog altyd baie kinders gehad het en net n goeie mamma wees. En hier is hiertoe mooiste slimste klein dogtertjie.Laerskool het bestaan uit perdry, redenaars swem netbal saam met ons ander kinders.n Gelukkige gesin. En toe kom graad 10.Skielik verander Fran in n dikbek tiener wat so gedrewe is dat ek dom voel. Daar was regtig n tyd toe sy vir maande nie met my wou praat nie.Danksy n n familie, ouma en Oupa wat ons deur die tyd gebid het kon ek weer terugval in my mamma plek.Ek het regtig gedink ek het my dogter vir altyd verloor. Varsity vir haar was n nagmerrie.Toe ons haar in Pretoria gaan aflaat wou nie uit die kar klim nie. Wou net huistoe gaan.Ek het haar letterlik uitgedwing en terug gery plaas toe.Maar n goeie einde. Sy het haar LLB graad gekry sonder stampe en stote. En toe kom sy terug Ellisras toe. Sy is in 2020 getroud. Hier op die plaas in my tuin.n Reuse troue wat ons oor maande en baie bottels wyn beplan het.Net om vir mekaar die volgende oggend te se dit kan nie werk nie.Ons kon dit regkry om n troue te hou met baie lag, baie memories en die mooiste fotos.Sonder enige moeilijkheid . Vandag is ons al 5 jaar bure op die plaas.Ons eet omtrent elke aand by mekaar.Soms net n hap en trap.Naweke braai ons by hulle dan gooi sy en haar man die welkom mat vir ons oop.Mooiste gedekte tafel lekkerste spesiale kos en n koue bottel wyn.En ek kan net dankie se vir soveel seen om so n spesiale band met my dogter en haar gesin te kan he.

Antwoord 3: My raad is baie eenvoudig. Soos ek reeds gese het hou jou mond toe.Hou jou kritiek raad en opinie vir jouself.Jy as ma het reeds jou kant gebring om haar te vorm in die mens/vrou wat sy is.. As haar lewe nie in gevaar is of sy kan nie seerkry bly jy stil. Gooi uit jou welkom matje.Sorg dat jou koskas yskas koekieblik en winechiller altyd vol is met jou kinders se gunstelinge. Al smag jy na stilte sit op jou rooi lipstiffie, jou lekker parfum en verwelkom jou volwasse kinders soos die belangrikste gaste in jou huis. Moenie kerm oor speelgoed wat rondle,n koppie wat op n koffietafel agter gebly het of n kleinkind se nat swembroek op jou leerbank. Ek haal Maretha Maartens aan: Maak elke oggend vir jou kind die motorhuisdeur oop as hy sy fiets moet uithaal om skooltoe te ry.En een oggend sal hy die motorhuisdeur vir jou opmaak as jy wil ry. Maak God en die kerk deel van jou kinders se lewe.Daar is niks wat ons so dankbaar het as kinders en kleinkinders wat Sondae saam met ons die kerkbanke vol sit. Wat saam aanbid en dan plaas toe ry om ons gunsteling Sondag middag ete te gaan eet en n koue glaasje wyn saam te drink.