Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Adele Kotze

Adele Kotze

Dorp: Polokwane

Antwoord 1: Ek (52) en Alexandra (18) is al beskryf as sout en suiker, en dit so waar beskrywing, ek, die mense mens wat sommer gou n geselsie kan aanknoop en my liefkind die stil rustige eenkant kind. Ons vul mekaar ongelooflik goed aan. Waar ek te kort skiet het sy extra om te deel. Seventien jaar gelede het die lewe n draai gemaak wat ons twee alleen gelaat het, ons verhouding het gegroei van n kind wat n mamma nodig het vir alles tot vandag se wonderlike vertrou- verhouding. Ons lag en huil saam, eintlik doen ons alles saam. Ons deel geheime en "skinner" tot laat nag. Tydens siekte staan ons bymekaar, versorg en vertroos. Deur al die seer van die lewe, deel ons soveel meer vreugdes, en seën. Van saam reis na n lawwe verjaarsdag viering. Ons deel n liefde vir teater en die kunste, kan vir ure saam deur n mark loop, of net lekker deur die winkels stap en natuurlik saam n koffietjie geniet. Soms sit ons in stilte, dan is ons net saam, en ander kere gesels ons sonder ophou. Die Here bederf my elke dag om my toe te laat om n ma vir my dogter te wees. Van kleintyd af was Alex lief vir dinge ontdek, toe sy kon self lees het sy graag stukkies gelees en dit met baie opgewondenheid met my gedeel, nou deel sy met dieselfde opgewondenheid en soms woede, daaglikse nuus met my. Sy leer/vertel my van gebeure in ander lande, politieke uitlatings wat gemaak word, nuusgebeure om die wereld, nuwe ontdekkings wat gedoen word of nuwe verwikkelinge in ou misdaad sake of wereld gebeure word met oorgawe in die aand met my gedeel. Nou staan ons by n nuwe hoofstuk van ons lewe, Alex gaan studeer en afstand gaan nou vir die eerste keer waarlik aan ons deur klop. Ons is opgewonde oor die nuwe ontdekkings wat ons gaan maak in ons verhouding en ek gaan die lewe op n nuwe manier deur my kind se oë sien. Ons lyk so na mekaar maar tog veskil ons so baie, elkeen met haar eie persoonlikheid en belange. Maar een ding is presies dieselfde, ons liefde.

Antwoord 2: In November 2024, het my broerskind verdwyn, ons het deel geword van die “missings persons”statistiek van Suid Afrika, Alex en Willie was baie na aanmekaar. Hierdie onbekende verlies het ons band nog sterker gemaak, ons het saam navorsing gedoen, saam speurwerk gedoen om hom te vind. Ek het my dogtertjie skielik gesien as die ongelooflike dinamiese jong dame wat sy geword het. My trots. Alex het sterk gebly en het plekke, addresse en nommers gesoek, ek het gebel navrae gedoen, ons het n span geword. Sy met die hedendaagse tegnologie en ek met die “old school” notaboek, het ons ingligting bymekaar gemaak. Ons verhouding het n kant wat min sal verstaan, ons kyk met deurnis na mekaar, wanneer ons oog-kontak maak in n geselskap, het ons nie woorde nodig nie on verstaan mekaar. Ongelukkig het die voorval met hartseer ge-eindig, maar steeds leef Willie voort in ons huis. Alex en ek gesels oor hom, deel steeds stories van hom, ons troos mekaar en waar daar nog so baie ongeantwoorde vrae is, is ons saam stil met die wete dat ons mekaar het, dat ons nog n verskil kan maak in ander se lewens deur ons ervaring.

Antwoord 3: Wees eerlik, altyd, al maak dit seer. Sê wanneer jy gelukkig is maar ook wanneer jy ongelukkig is. Vul mekaar aan sonder om mekaar te probeer verander. 'n Ma moet n veilig hawe vir 'n dogter wees, 'n plek waar woorde nie geoordeel word nie. Soos baie ander stamp ons ook koppe, dan gee ons mekaar spasie en wanneer die emosies rustiger is praat ons dinge uit. As n ma, moet jy bereid wees om soms ook verkeerd te wees, om te hoor dat jy n fout gemaak het is nie lekker nie maar hoe jy reageer is die vrou wat jou dogter word. Sy moet weet dat om te herken jy maak foute meer tel as om altyd reg te wees. Maar meer as als, wees lief vir mekaar, en geniet dinge saam. Deel omblikke wat verhoudings bou, nie net maklike dinge nie maar gaan doen iets wat byvoorbeeld n vrees is, oorkom dit saam. Vir my is die hoogtes! Ons het saam al baie hoogtes aangedurf, kabel kar, of n hoë platform of Tafelberg se uitkyk punt, en elke keer saam die top punt bereik.