Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Anna Badenhorst

Anna Badenhorst

Dorp: Boksburg

Antwoord 1: Ons is sewe kinders, een seun en ses meisies. My moeder het ons nooit vergelyk, probeer verander of ingeperk nie. Sy het my wildste drome ondersteun en in my grootste mislukkings my onderskraag. Hoe ouer ek word is die wete dat my moeder my lief het, kosbaar.

Antwoord 2: In 2016 is my pa oorlede, dit was 'n smartvolle tyd en kon ek net vaskyk in my eie pyn. Moeder het vir al haar kinders en kleinkinders sterk gestaan toe ons swak was.

Antwoord 3: Elkeen is uniek maar die groot gelykmaker - ouderdom, bring wysheid om dit te begryp. Ongeduld en woede word minder so ook tyd. Dus gryp die tyd saam aan.