Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Fransuné Cronjé

Fransuné Cronjé

Dorp: Pretoria

Antwoord 1: Ek en my ma is soos beste vriendinne. Ons kan oor enige iets gesels en deel alles met mekaar. Ek kyk verskriklik op na my ma. Sy is my hero, rolmodel, en GROOTSTE fan! Ek is ook partykeer my ma se persoonlike assistent. Maar dit is ‘n inside joke tussen ons twee. Ons kan nie sonder mekaar nie.

Antwoord 2: Ons was nog altyd daar vir mekaar. Deur goeie en slegte tye. Wanneer ek nie so goeie dag het nie, weet ek, ek kan net my ma bel. Sy sal altyd vir my raad hê, die beste raad. En my onmiddelik beter laat voel. As daar iets goed gebeur, is my eerste instink altyd om my ma te bel en dit met haar te deel. Ons was nog altyd baie na aan mekaar.

Antwoord 3: Hê ‘n oop en eerlike verhouding. Dit is nooit goed om iets weg te steek of om oneerlik te wees nie. Ek en my ma is ook baie reguit met mekaar en sê ‘n ding soos dit is. En wees LIEF!