
Dorp: Germiston Gauteng
Antwoord 1: Ek en my dogter Carmen is Ma en Dogter, beste vriendinne, konfidante, “ shopping partners”, “ travel partners” en sommer nog baie meer… Carmen is my Engelkind, een van ñ tweeling, net sy het oorleef. Sy is haar ma se pragtigste dogter en het ook die mooiste Boetie-Lief. Liewe Jesus het ons geseën en gespaar vir mekaar. Ek is 53 en is mede eienaar van ñ besigheid in Alberton, Carmen is 31 en ñ Oogarts by ñ Oog Kliniek in Alberton. As gesin het ons baie “ highs and lows” gehad maar altyd bo uitgekom. My lewe sonder Carmen ( Sussie soos ek haar noem) sou baie on interessant gewees…lol. Ons het liefde in oorvloed🩷in woorde kan ek as Moeder nie al die mooi beskryf van ons lewe saam nie…
Antwoord 2: Ons het baie verliese gehad in die lewe en Sussie-Lief was altyd die sterker een ons wat ons reg op gehou het al van ñ jong ouderdom af…
Antwoord 3: Respek teenoor mekaar is baie belangrik. Gee mekaar spasie om te groei maar laat jou dogter/ kinders ook weet jy is altyd daar vir hulle. Hou maar die “ i told you so” so min as moondtlik, jou kind moet nooit soos ñ mislukking voel nie…