
Dorp: Kimberley
Antwoord 1: Ons is Martenique Kotze en Ivy Müller, ma en dogter van die Noord Kaap. Meer soos vinkel en koljander. As ons op die foon praat sal jy wonder met watter een van ons jy nou eintlik gesels. Ons is n ma en dogter “duo”, wat meer soos vriendinne funksioneer. Daar gaan nie n dag verby wat ons nie inloer of resepte, wenke, suksesse en gevoelens deel nie. My ma is my huis en dis waar ek tuis voel. Ons leen mekaar se klere en bevind onself meer as gereeld in n vriendegroep waar ons eintlik vriende deel… Sonder om te vra weet ons gereeld wat die ander een dink en ons daag gereeld by funksies op met dieselfde uitrusting (onbepland) Daar is min mense met n hart vir mense en ons is gereeld in mekaar se weldoeninghede betrokke. Die antwoord is altyd, ja. Want, ons weet die ander een sal help.
Antwoord 2: Goeie tye is daar baie, hartseer tye ook daarby. Die tyd wat goed en minder goed tegelyk beskryf kom by my op. Ek sukkel met infertiliteit sedert 2017. Dis toe ons Invitrobevrugtingsreis begin het. My ma het afspraak na afspraak en dr na dr saam met ons gedoen. Sy het saam gebid van dag 1 af vir ons wonderwerk. Siklus na siklus, behandeling na behandeling (6 IVB siklusse om presies te wees) het my ma help befonds en beplan. Mense Infertiliteit is moeiliker om te bestuur as n John Deere trekker op een van Indië se besigste paaie. Syt help kop en boek hou. En nooit soos n boekhouer boek gehou nie. Na 7jaar in 2023 kry ons die nuus. Ons is swanger met n tweeling seuntjies! En wat sê my ma? Sy kan nie wag nie. Sy berei vir hulle n plekkie voor. Hulle gaan by haar bly sodra hulle gebore word en ek moet terugkeer werk toe. Dis op 20weke wat ek gediagnoseer word met pre-eklampsia. (Baie hoë bloeddruk) in en uit die hospitaal. My ma is elke dag daar. Sy ry elke dag 80kilometer in dorp toe om by my te wees. Om kos aan te dra, te gesels en te ondersteun. A girl needs her bestie! Ons een baba word gediagnoseer met Downsindroom, en is toevallig ook op 20 weke oorlede in my maag. My ma was daar, ons het saam getreur vir n rukkie en toe besluit ons staan op en ons is sterk. Ons seuntjie is gebore op 12Junie 2023, op 35 weke. Wie was daar? My ma! My man kon my ondersteun in ICU en my ma was by ons wonderwerk in die neonatale eenheid. My ma is my en my seuntjie se huis, my ma is ons almal se huis. My man en my ma het n besondere verhouding en elke besluit wat ons neem stel ons eers voor my ma vir goedkeuring en raad.
Antwoord 3: Mammas en dogters, praat met mekaar. Maak tyd vir mekaar. Aanvaar die ander een vir wie hulle is en weet, hopelik eendag gaan jy ook n ma wees en dan werklik eers verstaan watter liefde jou ma vir jou het. Wees sagmoedig en moet nie te vinnig kwaad word nie. Dogters, aanvaar jou ma se insette (al dink jy haar smaak is nie op standaard nie) En mammas laat jou dogter haar lewe leef. Jyt haar reg groot gemaak. Sy sal jou trots maak en die regte keuses maak. Bid vir mekaar, bid saam met mekaar en geniet mekaar.