
Dorp: Pretoria
Antwoord 1: Ek dink almal se dit, maar my ma is werklik die beste ma in die wereld. Reeds van kleins af is my ma nie net n 'ma' nie, sy is ook n vriendin, mentor en iemand om na op te kyk. Ons verskil 20jr van mekaar en sy is nog jonk van gees. My ma het 4 van ons alleen groot gemaak met n salaris wat deesdae skaars n dak oor jou kop kan sit. Ongeag het sy altyd probeer om vir ons die beste te doen en gee. Sy was die dryf agter my sukses en die stem in my hart wanneer dinge moeilik raak. My ma is my grootste ondersteuner ongeag dat ek al baie foute gemaak het deur my lewe.
Antwoord 2: My ouers is geskei toe ek 10jr oud was. Sedert dan moes my ma ons alleen groot maak. Ons het vir BAIE lang jare bitter min gehad maar nogtans het my ma alles maak werk, n dak oor ons kop gesit, kos in ons maag en seker gemaak ons is selfversekerde en afgeronde jong dames wat n aanwins sal wees vir die wereld. Selfs nou in ons ouer jare, staan my ma nogsteeds in waar ons hande nie kan nie of waar ons hulp kort.
Antwoord 3: Spandeer tyd saam. Ons eet almal elke week by my ouers. Dit sluit my sussies en al ons gesinne in. Ons spandeer ook Desember vakansies tenminste 2 weke saam. Nie net geniet al my ma se kleinkinders dit nie, maar die tyd saam is goud werd. Onthou jou ouers word oud en tyd saam hulle word elke dag meer kosbaar. Luister en leer eerder as om antwoorde te soek en te beter te weet. Soms weet Ma's maar net beter.