Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Natasha Green

Natasha Green

Dorp: Pretoria

Antwoord 1: Ek en my ma het baie hegte band, ons doen alles saam, wat dit spesiaal maak is dat sy is nie net my ma maar my vriendin ek deel alles met haar. Sy is my steunpilaar, sterk vrou wat al soveel deurgemaak het, maar sy help elke dag en haar deur is altyd oop vir enige iemand. Ek kyk baie op na haar en sy is altyd daar vir raad. Ons lag saam, kuier saam en sy is die beste ouma vir my seuntjie. Kan nie my lewe sonder my ma indink.

Antwoord 2: My ma het twee kinders aan die dood afgestaan sowel as my pa en dan ook haar eie moeder. Sy het ook haar suster verloor en het peetma geword vir haar sussie se twee kinders wat sy groot gemaak het. Deur al die verlies en deur my eie hartseer het sy my net by gestaan en ons band het net baie sterker geword.

Antwoord 3: Wees lief vir mekaar, wees daar vir mekaar, waardeer jou ma want sy het so baie opofferings gemaak vir jou. Respekteer jou ma en kommunikeer met mekaar, wees vriendinne, lag saam, spandeer tyd saam alleen, bou band wat sterk is en vol vertroue.