Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Salomien Botha-Booyens

Salomien Botha-Booyens

Dorp: Centurion / Stellenbosch

Antwoord 1: Ek dink ons het daai tipiese ma en dogter verhouding ons weet waar ons staan met mekaar maar ons verstaan ook mekaar. Ons mode-intuïsie is op par dieselfde, so dat ons mekaar bel en presies dieselfde kleur en styl aanhet al is Ma in Pretoria en Sus in Stellenbosch. Ons kan met een kyk presies weet waaraan ons dink. Maar ons het daai verhouding waar jy net weet ek kannie sonder die persoon lewe nie al maak ons mekaar soms mal. Ons verhouding is ‘n werkwoord, dis liefde,omgee,reality checks,woorde wissel,raad gee, gebed en verstaan. Ons verhouding is spesiaal, ons gin mekaar die spasie wat elke een nodig het om asem te haal, jou eie mensewees te laat ontdek, ons gin mekaar die hart ritme van sy eie hart tempo.

Antwoord 2: Ons ma en dogter ban het meer versterk en heg geraak, 17 jaar terug toe ons voor 'n oopgraf hande vas hou en nie weet waar ons lewe heen gaan nie. Ek Salomien skaars 30 jaar oud en Aaljte-lien 4 jaar oud moes in 'n oogwink ons lewenspad vorentoe herskryf. Ons moes weer leer hoe om 'n familie minus een te wees, want ons het nie net 'n Man verloor of 'n Pappa nie, maar ons het die doel as familie verloor. Met tyd het ons genees en ons harte se legkaarte het weer stukkie vir stukkie in mekaar gepas. Met die Here se hand van bo kon ons opstaan en alles weer vierkantig in die oë kyk en trots wees op wie ons is en was. Ons het weer 'n doel in die lewe gehad. En vandag kyk ons terug op 17 jaar en weet ons groter doel in die lewe was vir ons beplan deur God. Ons het die geleentheid gekry om aantegaan in die lewe en nie toe te laat dat "self bejamerte" ons oorheers nie. Ons het mekaar se hande gevat en saam sterker aan die anderkant uitgestap. Mamma Salomien se enigst doel was, dat Aaltje-Lien haar Pa moes onthou (alhoewel sy 'n ewebeeld van hom is), sy drome vir haar moes uitleef en bereik, en vandag is Aaltje-lien klaar met haar BSc Sport Science graad en is tans besig met haar honneurs met haar passie toegespits hoe om kinders te help. En omdat ons hierdie pyn en nog ander pyne en uitdagings moes beleef het ons geleer om daai spasie vir mekaar te gee om vir 'n oomlik asem te haal en mekaar in ag te neem.

Antwoord 3: Leer mekaar se uitdagings, leer mekaar se harte, leer mekaar se seer. Ons is twee mense wat uit verskillende DNA saamgestel is, maar bloed is dukker as water. Gee mekaar daai spasie om asem te haal, om jou eie hartklop te hoor, Gee mekaar die nodige liefde, want liefde is die hartklop van die lewe. Wees mekaar se beste vriendinne maar wees ok mekaar se grooste kretiek, want deur dit vorm julle mekaar se legkaart wat as ma en dogter saam funksioneer en in mekaar pas.