Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Sharika Grindstad

Sharika Grindstad

Dorp: Midrand

Antwoord 1: Ek gaan nie die "cliché" roete neem met die een nie want ek en my ma het al ons drama gehad en meer as net 'n paar keer. Ons verhouding is soos die van twee tiener sussies, ons kan drama met mekaar he maar niemand mag dit eers waag om die ander een seer te maak nie want dan vlieg 'n paar lashes en haar extensions sommer vinnig. Ek en my ma verstaan mekaar se kenmerke, ons weet wanneer dit tyd is vir gesels oor 'n koppie tee of GESELS oor 'n glas wyn (daardie oomblikke kan nogals diep raak) maar wat ons verhouding spesiaal maak is dat ons al deur alles saam was in die lewe en ek bedoel dit letterlik en nie die la-dee-da oomblikke nie, die moeilike tye waarvoor jy gewoonlik nie kan voorberei nie en ek dink dit was daardie tye waar ek besef het dat ons maar eintlik dieselfde mens is wat net ons kan verstaan

Antwoord 2: Dis mos in die moeilikste oomblikke waar diamante gevorm word nê... Ek het my pa verloor in 'n motorfiets ongeluk die dag van my verjaardag in 2012 en ons lewe het basies inmekaar in geval insluitend ons verhouding. Ons paaie het geskei nadat ek my man ontmoet het en my ma toe weer getrou het...ons verhouding was moeilik. As ons probeer opmaak met mekaar dan hou dit 3 maande met stilte wat volg vir 2 jaar en so het dit aangegaan tot en met laas jaar Julie 2025. My ma se huwelik het haar verniel, haar voorkoms, haar gesondheid en gemoed was NUL. Ek maak toe die besluit om haar en alles wat sy besit in daardie huis te gaan haal en in daardie oomblik het ek nie net haar gered nie, maar ons verhouding ook wat die keer 100 keer beter is en sy lyk nou beautiful!

Antwoord 3: Wees lief en geduldig met mekaar. Respekteer en luister vir mekaar. Moet nie mekaar minag nie en moet mekaar ook nie oordeel nie. Ek dink regtig 'n ma en dogter is 'n ewe beeld van mekaar en dit is iets besonders wat daagliks gekoester moet word. Ek is self nou 'n ma van 'n dogter en ek sien die repitisie van my jong dae daar en dit laat mens wonder hoe vreemd die lewe nie net uitdraai nie...