
Dorp: Pretoria Oos
Antwoord 1: My ma was nog redelik jonk toe sy my gehad het, en ek dink dit het ’n groot rol gespeel in hoe ons verhouding gevorm het. Ek het altyd gevoel ek het met ’n “jong” mamma grootgeword – iemand wat alles saam met my wou doen en my werklik verstaan het. Sy was van die begin af my beste maatjie. Sy het altyd gese ons word saam groot. Ons het saam gelag, saam gehuil en alles met mekaar gedeel. Tot vandag toe is sy steeds my beste vriendin. Ons kan oor enigiets gesels – selfs dinge wat meeste mense nie noodwendig met hulle mamas sou bespreek nie. Daar is geen oordeel nie, net liefde, eerlikheid en begrip. Dis wat ons verhouding vir my so besonders maak. En ons altwee LOVE PIENK. Ons droom al saam oor my pienk troue :)
Antwoord 2: Toe ek jonger was, was ek baie betrokke by modelwerk, fotosessies, kompetisies en high fashion. My ma was altyd daar – nie net as my mamma nie, maar ook as my make-up artist, haarstileerder, styladviseur en grootste ondersteuner. Sy het my klere gekies en betaal, my aangemoedig en my elke tree van die pad ondersteun. Maar natuurlik het ons ook ons meningsverskille gehad. Ons kon behoorlik baklei oor watter oorbelle ek moet dra of of ek te veel of te min make-up op het. Op daardie stadium het ek gedink ek weet beter, maar met tyd het ek besef: my mamma was meestal reg. Daardie tye het my geleer om haar wysheid te vertrou en dit het ons verhouding net sterker gemaak.
Antwoord 3: My raad aan jong meisies is om meer na hulle ma’s te luister. Hulle het mamma-instinkte vir ’n rede en hulle wil altyd net die beste vir jou hê. Jou ma is die een mens wat jou belange werklik op die hart dra, selfs wanneer jy dit nie dadelik besef nie. Wees lief vir jou ma, waardeer haar en moenie haar as vanselfsprekend aanvaar nie. Soos my ma altyd vir my sê: daar is niks wat sy nie vir my sal doen nie – en daardie onvoorwaardelike liefde is iets ongelooflik kosbaars.