
Dorp: Otjiwarongo Namibië
Antwoord 1: My moeder en ek is mekaar se spieëlbeelde…. En nou het ek my eie dogtertjie, wat weer PRESIES soos ek is…. En eweskielik wil ek die tyd terug draai en vir my mams jammer sê…. Jammer dat ek AL haar knoppies op ‘n daaglikse basis gedruk het. Jammer dat ek haar op alles uitgedaag het…. Jammer dat ek alles gevraagteken het. Maar net soos God se genade vir ons…. Is ‘n ma se genade vir haar kinders…. Met elke dag se video oproep uit Hermanus na Otjiwarongo het my en my ma se verhouding in die mooiste storie ontaard. As ek kwaad is…. Bel ek haar. As ek hartseer is…. Bel ek haar. As ek bly is…. Bel ek haar. Niks is vir haar te veel gevra nie en haar oor is altyd oop om te luister. Sy oordeel nie…. Sy gee raad. Om te wéét jou ma dra jou élke dag op aan die Here… is ‘n kalmte wat mens nie kan verduidelik nie. Om te wéét jou ma wil vir jou alles gee wat sy nooit gehad het nie… is onbeskryflik. Om te wéét jy word onvoorwaardelik lief gehê…. Is die grootste prys wat hierdie lewe jou kan bied. Mams…. Ek is ontsettend lief vir ma!
Antwoord 2: Die dag wat ek ‘n mamma geword het van ‘n dogtertjie…. Een wat PRESIES soos ek is….. het my waardering vir my ma 100% verander. Ek het nie besef waardeur ek my ma gesit het nie en ek voel party dae so skuldig daaroor….. dan bel ek haar sommer net en sê ek is lief vir haar. Sy moes hare op haar tande gehad het met my as kind! Ek het nie besef watse opofferings sy als vir my gemaak het nie, totdat ek self daai opofferings moes begin maak. ‘n Ma…. Is VERSEKER ‘n superhero! Wat ALLES doen en NIKS terug verwag nie. Myne is verseker!
Antwoord 3: Dis ok om PRESIES dieselfde te wees EN dis ok om te verskil! Solank jul mekaar nie probeer verander nie en aanvaar nes hul is. En luister maar vir jou ma….. al is dit soms moeilik….. hulle grys hare is daar vir ‘n rede…. Wysheid!