Dorp: Meyersdal, Alberton
Antwoord 1: Op 14 staan 'n jong dogter voor my en se vir haar ma om op te hou huil, die lewe moet aangaan. Ek het toe al geweet! My egskeiding het ons forseer om lang gesprekke te he oor die lewe, met mekaar te baklei, mekaar te inspireer en te leer ken in ons grein, vir mekaar te bid en mekaar se hande te vat - want so het ons dit deurgemaak. Ons is mekaar se grootste "allies". Niks word weg gesteek vir mekaar nie omdat ons maats is. Ek lig haar op en soms moet sy haar ma se hand vat en optrek. Ons huil, ons lag en ons people watch. Eerlikheid is baie belangrik, en soms maak eerlike woorde seer - maar dis ons "go-to". Ons albei luister sonder "judgment". Ons vertrou mekaar sonder om daaroor te wonder. Haar blydskap is myne en my trane is haar trane. Sy is my hartklop, en elke swaar-dra maand, min slaap en opoffering het sy geneem en ingedrink en deel van haar wese gemaak. Haar oorwinnings is ook myne (of so voel dit), en my neerslae is ook haar trauma. Ek is haar grootste aanhanger , maar ook haar grootste kritikus. Hoe dan anders? Sy is ek in 'n jonger lyf en 'n moderne brein. Sy sal altyd my klein dogertjie bly wat tien-talle liedjies kon sing, maar vandag staan sy op 'n ander tipe verhoog. Sy is 'n suksesvolle Lektor, het haar Meesters-graad voltooi, verlief en pas verloof, en ons reel troue binnekort! Wat die kosbaarste is, is om te hoor: "Mammie.. dit was als jy!". Ons hoef nie mekaar se drimpels deur te trap nie, want die respek is te veel. Maar wat ons deel is besonders en die grootste besitting in my lewe!
Antwoord 2: My egskeiding was beslis iets wat ons verhouding nie net kom toet het nie maar ook kom snoei het. Ek moes oor begin met twee jong dogters. Ons het baie harde woorde vir mekaar gehad en was werklik op alle vlakke getoets. Dit het bykans 2 jaar geneem om ons verhouding weer op te bou, en dit het baie trane en onnodige woorde en seer tussen ons kom sit. Die feit dat ek bykans alle verantwoordelikheid moes dra deur Hoerskool, het ons in 'n posisie in forseer om vriendinne te raak, eerder as vyande. Haar ses jaar van studies, wat ek alleen finansieel, emosioneel en spiritueel moes dra, h et beslslis bygedra tot ons intieme band. Ons moes noodgedwonge ons band versterk, deur nie net ma-en dogter te wees nie, maar ook grootste vriendinne. Die tweede geleentheid was toe sy die liefde van haar lewe ontmoet. As Ma wat alleen groot-gemaak het, alleen als betaal het, alleen gehuil en gebid het, was dit bitter moeilik om te aanvaar dat sy so maklik net weet dis die regte een. Ons het harde woorde gepraat en ek was minder-geliefd - maar omdat ons met eerlikheid, geduld, liefde, kommunikasie, konstuktiewe kritiek en vriendskap mekaar halfpad kon ontmoet, het dit ons band net meer versterk en die ongelooflike vertroue en eenheid tussen ons versterk. Ek sou se die verhouding wat ons deel, het werklik begin blom. Dis mooi, dis kosbaar.
Antwoord 3: Ons raad: Praat meer, lag saam en huil saam. Wees altyd eerlik en opreg, en moet nooit "pretend" nie. Nie oor hartsake nie, nie oor verhoudings nie, nie oor kos nie! Bid vir mekaar - konstant en deel elke val en opstaan, sonder oordeel. Se as jy kwaad en, en hoekom. Blameer mekaar as jy dink dis die een / of die ander se skuld. Want so groei ons. Baklei - dis nodig, want die drukkies en mooi woorde vir mekaar na die tyd, dra soveel meer gewig!! Reel ma-en-dogter "dates". Dis belangrik. Praat oop en eerlik oor dinge en moet niks wegsteek vir mekaar nie. DIe waarheid kom altyd inelkgeval uit. Kyk mekaar in die oe - elke keer as julle saam is. Drukkie en soene is nie taboe nie. Sy het onder jou hart gegroei! En jou ma is jou grootste ondersteuner.. as dit goed gaan, as dit sleg gaan. Vat mekaar se hande as julle in die publiek loop. Ons het min sulke oomblikke as hulle eers dames is. Se gereeld vir mekaar - Ek is lief vir jou!! Maak saam kos, droom saam oor die toekoms, Moenie oor als saamstem nie. He verskille en droom verskillend oor goed. Wees simpel saam en skinder oor mense en maak mense na en wees lelik saam. En wees mooi saam! Ma en dogter is meer as net om geboorte te gee aan 'n human being en om haar groot te maak into a Mini-me, of dat sy voel sy leef in jou skaduwee. Gaan vind uit wat dit is.. dis die beste journey ooit!