Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Suzelle Swanepoel

Suzelle Swanepoel

Dorp: Bloemfontein

Antwoord 1: Ek en mamma was nog altyd beste vriendinne! Ons deel baie met mekaar en kan altyd so lekker lag! Ek is oneindig lief vir my ma en is 'n regte mamma's girl! Ons kan lekker mekaar se siele ook uittrek. Ek kyk so op na my ma en wens ek kan eendag soos sy wees! Sy is die sterkste vrou wat daar is! My ma was nog altyd daar vir my en ek weet sy sal nog altyd wees! Ons ma en dogter vriendskap is baie kosbaar en ek verruil dit vir niks!

Antwoord 2: Toe ek in graad 1 was, is my baba boetie oorlede aan sy hart. Ek het gesien my ma was hartseer maar sy was baie sterk ook! Sy het my en my ouer boetie altyd nog dieselfde hanteer en het nooit dat hartseer of dit wat sy verloor het in die pad staan van haar liefde vir ons nie. 'n Jaar na my boetie se dood is my oupa, haar pa ook oorlede aan sy hart. Dit was 'n moeilike tyd. Eers nou as 'n grootmens dink ek terug en kan net dink hoe moeilik dit moes wees. Sy was sterk deur alles en ek het soveel respek daarvoor! My ouers is ook onlangs geskei en om te sien hoe my ma aangaan en bly staan vrou alleen deur alles is vir my ongelooflik. Sy bly nooit kwaad nie en behandel almal altyd dieselfde. Sy sê altyd: "Die Here gee vir mens krag en mens moet maar net aangaan want die lewe gaan aan!"

Antwoord 3: Van kleins af het my ma altyd vir my gesê ek kan enigiets met haar deel en sy het my altyd laat voel ek kan haar vertrou maak nie saak wat nie. So ek dink vir ander mammas is dit belangrik om ook van kleintyd af vertroue te kweek by jou dogtertjie. Deel met haar dinge en gesels oor alles. Die beste ding in die lewe wat mens kan hê is 'n dogter dink ek! Maak tyd vir mekaar al raak die lewe besig!