Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Esti en Marika Opperman Opperman

Esti en Marika Opperman Opperman

Dorp: Johannesburg

Antwoord 1: Esti is my bestie! Voel vreemd dat my babatjie in matriek is en tóg is ons beste este maats! Ons lees mekaar se koppe en (dis scary) mekaar se therapists en Esti weet sy kan oor enige iets met my praat. Ek het my kinders geleer dat kommunikasie uiters belangrik is in 'n gesin so ons gesels en praat oor alles! Esti se liefde vir bak kom van my af en is knap in die kombuis. As ek na haar kyk voel ek trots.... ek het tog met die genade van God 'n goeie werk gedoen. 'N lieflikke selfstandige dame groot gemaak. My tyd saam met haar is goud werd! Esti my aller beste, jys myne! En ja, ons lag saam en baie vir mekaar!

Antwoord 2: Esti se hart was onlangs verpletter toe haar kring maats 'n partytjie hou en haar nie genooi het nie. Selfs ek was uiters ontsteld gewees. En regtig eerlik waar baie lwaad.... hulle sien mekaar elke dag vir jare en nou dit.... come on wrede wereld! Dit was 'n Vrydag aand.... ons was hartesser en ek wou begin kos maak toe besluit ek NEE mamma kom by.... lets dress up en ek en sy gaan eet uit! Ons het die storie unpack ongelooflik lekker geeet en van alles vergeet. Om jou fokus oor en in 'n situasie te skuif is jou keuse, so ons kies vrede, vreugde en ons vergewe en laat gaan....

Antwoord 3: Esti se: 'n ma moet 'n sterk vrou figuur wees in jou lewe wie jy kan vertrou en oor enige iets kan praat" Daarom is dit so belangrik om tyd te maak vir mekaar en regtig mekaar se geselskap te geniet en mekaar te geniet. Marika: My dogter moet als van die wereld weet en ek wil he sy moet so veel as moontlik dit by my hoor. My gesprekke is eerlik en ons unpack gereeld situasies sodat sy die denke agter die storie kan verstaan. Om te lag, baie saam te lag. Hoe ouer sy word hoe minder is dit nodig om kwaai te wees. Daar is 'n fyn lyn tussen ma en vriendin wees. Kinders doen soos jy doen so vir my om 'n daagkike voorbeeld te wees is uiters belangrik.