
Dorp: Pretoria
Antwoord 1: Ek vat ñ vet kans deur ons drie in te skryf. Maar... Ek en my sussie is ñ tweeling, tel ons dan nie as een nie? Ons drie is nie net familie nie maar beste vriendinne. Ons mamma is ñ groot Godsvrou, ñ regte Spreuke 31 vrou. Sy is sag, maar tog só sterk. Die lewe het al vir ons laat opdraendes stap maar ook afdraendes. En deur alles staan ons mekaar by. Ons kan net deur ñ oproep hoor wanneer die ander een nie ñ lekker dag gehad het nie. Ek en my sus is beide onderwyseresse. En ons het baie dieselfde belangstellings. Ons drie dra mekaar op ons hande.
Antwoord 2: In 2019 was my sussie gediagnoseer met maagkanker. Sy was vir ñ groot operasie wat lewensgevaarlik was, omdat die dokters baie fyn moes werk. Maar met God se genade en guns op haar lewe was haar operasie ñ groot sukses. Ons en die dokters getuig vandag van God se goedheid en dat sy ons grootste wonderwerk is. Haar kans dat sy ñ suksesvolle swangerskap sou hê was skraal, maar sy het ñ goeie 36 weke gedra aan haar pragtige seuntjie van 4. Hierdie het ons net nog nader aan mekaar gebring en laat besef die lewe is só kort. Ons verhouding is só sterk, niks sal ons breek of onderkry nie.
Antwoord 3: Bid vir mekaar, ondersteun mekaar en wees daar vir mekaar wanneer dit goed of sleg gaan. Wanneer jy baklei het, vergewe mekaar. Ons sê altyd "sit jouself in daardie persoon se skoene", dan verander jou hele perspektief. Maak tyd vir mekaar, want die lewe is kort, en glo my, die lewe kan enige tyd met jou ñ wawiel maak. Herinner mekaar kort kort hoe lief julle vir mekaar is.