Dorp: Pretoria
Antwoord 1: Waar om te begin, n ma en n dogter se verhouding, om eerlik te wees ek weet nie eens hoe ek uit die huis uit gaan trek eendag nie? My mamma, my alles, die bond tussen ons twee is werklik iets besonders! Wat dit so special maak is dat sy my beste maatjie is, ons doen alles saam, en ons weet alles van mekaar! ek kan nie aan n beter maatjie dink om mee te gaan stap, padel, fliek, skinder, bak of wyn drink nie. My ma is regtig my alles, en wat dit special maak is die liefde, die onvoorwaardelike liefde, deur my studies was sy net altyd daar vir my, sy het my trane af gevee as tye rof was, en saam my ge celebrate as dit weer goed gegaan het! ek bel my ma seker 3 keer n dag, toe ek my eerste werk begin het, het sy reg gestaan on my in lunch tyd te kry vir koffie! sy ken my so goed en weet altyd wat ek kort en wanneer ek dit noddig het! ons dans saam in die aarde, luister musiek tot laat, geniet n lekker glaasie wyn, of 2 saam, en kan ure en ure gesels! My Ma is so n sterk vrou na wie ek op kyk, met n sagte hartjie - ek het al so baie by haar ge leer. wat ons verhouding special maak is - we want to see each other win, ons bou mekaar op, motiveer mekaar, en druk mekaar ome groei en beter dinge te bereik! en laastens eerlikheid! een baie belangrike ding wat ek by my ma ge leer het - ek hoef nie eens te jok as ek in die aand sou wou uit sneak omte gaan kuier nie, want my mamma, aka die sussie wat ek nooit gehad het nie, trek haar hakkies aan en join my! hoe cool is dit nie! sy is werklik my beste maatjie, en ek kan nie n dag sonder my ma in dink nie!
Antwoord 2: Wow, 2021 - COVID! dit was die verskriklikste ding wat ek as mens al ooit moes deur maak! Ek onthou, ons het nog die saterdag aand ge braai, en my ma het op die bank gaan lê en gesê sy is ongelooflik moeg, toe ek die Sondag oggend wakker word was dit vir my vreemd dat Sy nog slaap, my Pa sê toe ons moet haar los, sy voel Siek so dalk kort sy die rus - toe my Pa 9h in my kammer in ge hardloop kom en sê ek moet kom help het ek so groot ge skrik! Toe sy wakker word kon sy niks hoor nie, en kon ook gladnie loop nie, sy was heeltemal v balans af! ek onthou nog hoe my Pa en kêrel haar by die trappe af ge help het en intercare southdowns toe ge jaag het, shame ek was by die huis en my bediende het by my kom sit en bid! ek was in trane! ek besluit toe om in my kar te spring en ook hospitaal toe te gaan! toe ek daar kom het die dokters rond ge hardloop en haar op suurstof ge sit, en gesê as ons 10 min later was... ek het toe vir die dokter ge sê sy mag nie hospitaal toe gaan nie want mens hoor van Alma wat net ingaan en nooit uit kom nie, die dokter se woorde was nog: "God het haar handjie, sy sal okay wees" anyways - kry toe darm n bed in pretoria oos, en dit was een groot rollercoaster vir 3 weeke lank, na week 1 het die Dr. ge bel en gesê dit gaan goed, maar toe skielik draai alles en hulle sit haar onder sedasie! ek onthou nog ek het elke ogend net wakker ge word, op my mat ge lê langs my woef, en net ge bid - deur al die huil, en trane, en seer, elke dag net ge bid en ge sit en wag tot die dokter bel, ek het even party dae net buite die hospitaal gaan sit en ge praise en worship - my ma het so baby ge voel maar tog so ver! gelukkig is ons Pappa daar bo so groot en almagtig, en na 3 weeke kon ons my Mamma gaan haal! shame ek het die heel huis versier, pandora charms gaan koop en net all out gegaan! die het my net besef dat mens se lewe enige dag kan verander, en dat ek amper my beste maatjie verloor het! Die het nie net my en my Ma se verhouding sterker ge maak nie! maar ook ons geloof en verhouding met Pappa God!
Antwoord 3: Have Fun together, maak tyd vir mekaar, luister, doen moeite! n mens se Ma is so special en sy is werklik jou beste maatjie! n mens moet dit koester en elke oorblik embrace! bel jou ma, vra hoe dit met haar gaan! gee vir haar komplimente! bederf haar! sy het haar hele lewe al alles vir jou ge doen, anou is dit jou beurt om mooi te kyk na jou mamma! as tye moeilik raak - gooi n glasie wyn in, sit n lekker chick fliek op, en ontspan net saam! mens kry net een mamma! wees trots op haar - so trots soos wat sy op jou was by jou eerste atletiek byeenkoms!!! help haar kos maak & luister na haar tips en tricks, want ps. jy gaan eendag moet uit trek, en dan kan jy atleast vir jouself kossies maak! he haar lief! onvoorwaardelijk lief! soos die eerste dag toe jy gebore is, en jou mamma jou vashou vir die eerste keer!