
Dorp: Kaapstad
Antwoord 1: My ma en ek het ’n ongelooflik diep en onbreekbare band, want ons het saam deur soveel pyn, hartseer en moeilike tye gestap. Elke traan, elke struikelblok en elke oorwinning het ons net nóg nader aan mekaar gebring. Sy is nie net my ma nie – sy is my beste vriendin, my veilige plek en my grootste seën. Ek kan met haar oor enigiets praat, sonder vrees vir oordeel, en ons kan ure lank gesels en inhaal asof tyd nie bestaan nie. My hart verkies altyd haar geselskap bo enigiemand anders s’n, want by haar voel ek tuis. Ons is so in pas met mekaar dat dit soms voel asof ons een siel in twee liggame is – ons deel dikwels dieselfde gedagtes, dieselfde gevoelens en selfs dieselfde aanhalings op presies dieselfde oomblik. Sy voel soms soos my tweeling, want ek kan onmiddellik aanvoel wanneer iets fout is, selfs wanneer sy niks sê nie. Sy is my grootste ondersteuner, my krag wanneer ek swak voel en my lig in donker tye. My ma is my alles, en ek sal vir altyd dankbaar wees vir ’n liefde so suiwer, so sterk en so onvoorwaardelik soos dié tussen ons. 💗
Antwoord 2: My pa was vreeslik siek op 'n tyd waar hy in die hospitaal vir baie lank moes bly. My ma was sterk, kalm en steeds die beste ma onder die baie stresvolle en seer tyd. Al het sy baie mense, familie en vriende gehad wat haar in die tyd saam haar kinders ondersteun het, was gebed vir ons as ma en dogter die belangrikste. Sy staan bitter sterk in haar geloof. Die tyd het ons meer as ooit baie nader aan mekaar gebring. Ons is vreeslik geheg aan mekaar en kan absoluut niks aanpak as ons nie by mekaar staan, ondersteun en mekaar dra nie. Partykeer voel dit vir my of my ma my sussie is en nie net my ma is nie. Die dokter het vir haar gesê om die kinders te bel om by hulle pa te wees. My ma was en is nog altyd so groot voorbeeld vir my. Sy is God Fearing en n regte Spreuke 30 vrou. Ek bemin haar vir hierdie yster vrou wat sy is en was in daardie moeilike tyd. Ons het saam daar deur gekom en na 'n baie seer tyd het sy Woord ontvang, dit dadelik met my gedeel en my pa is vandag perdfris gesond. Ek sal altyd onthou hoe sterk sy vir haar man en kinders in die tyd was. Ek sê altyd, eendag as ek geseën word om 'n mamma te wees, wil ek een wees soos my Ma.
Antwoord 3: Ondersteun mekaar, bid vir mekaar en saam met mekaar. Leer by mekaar en vertrou mekaar. Lag! Lag baie, want dit is die medisyne tot al jou probleme. Waardeer mekaar en bel mekaar nie net wanneer jy mekaar verlang nie, maar sommer net om te gesels. Koester die mooi tye en leer uit die seer tye. Verstaan mekaar en leer by mekaar. Maak altyd tyd vir jou ma. Sy is tog die persoon wat jou in hierdie lewe gebring het.