Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Marita Harmse

Marita Harmse

Dorp: Darling

Antwoord 1: Ek en my dogter Monique is meer as net ma en dogter, ons is beste beste vriendinne, besigheidsvernote en soms voel ek soos haar ouer suster. (Baie mense dink ook ek is haar ouer suster omdat ons so baie na mekaar lyk.) Ons deel soveel emosies, ons lag, droom en huil saam. Ons is soos ‘Finkel en Koljander’ die een is net soos die ander. Ek is gelukkig as my dogter gelukkig is! Monique is my steunpilaar en ons was nog altyd geheg aan mekaar. Ons het deur goeie en slegte tye mekaar inspireer om ons oë op die Here te hou en om nooit tou op te gee nie maar mekaar altyd te ondersteun. Ek sien baie van myself in haar, ek het n nuuskierigheid vir die lewe maar n versigtige manier waarmee ek die lewe verken. Monique het al baie nuwe uitdagings aangepak, maar sy doen alles met oorgawe. Ek mis die tye toe sy klein was en niks sonder my wou doen nie maar ek besef dat sy nou n mamma is wat besig is om haarself te ontdek en leer om op haar eie voete te staan.

Antwoord 2: ‘n Minder goeie ding waardeer ons gegaan het was dat ek In 2021 in ICU opgeneem was met die Covid Virus. Dit was vir ons ‘n ongelooflike moeilike tyd. Monique is die enigste kind en het in hierdie tyd besef dat sy net vir my het. Ek was nog altyd haar veilige hawe waar sy emosioneel kon heel word en kon raad vra in tye as sy die uitdagings van die lewe moes trotseer. Ons het in hierdie afgesonderde tyd besef hoe vinnig die lewe kan verander en dat mens elke dag moet aan pak met albei hande. Ons het in hierdie tyd ‘n hegter band gevorm wat ons elke dag koester. ‘n Baie spesiale tyd wat ons deurgegaan het was dat ek ouma geword het. In 2024 het Monique geboorte gegee aan ‘n perfekte klein seuntjie en ek kon moederliefde weer vars ervaar en herleef. In hierdie nuwe fase van ons lewe het ons verhouding ‘n nuwe dimensie bereik. Ek koester die oue en omhels die nuwe. Ek geniet ons diep gesprekke en dis aangenaam om te sien hoe passievol sy oor die lewe is en die drome oor môre glinster in haar mooi bruin oë. My gebed vir haar is dat sy hoër hoogtes bereik as waarvan ek ooit kon droom.

Antwoord 3: Ons raad vir ander ma’s en dogters is om altyd eerlik te wees met mekaar want “eer jou vader en jou moeder” gaan oor eerlikheid van albei kante af. Almal van ons het mening verskille solank ons met mekaar kan eerlik wees. Baie dogters ken nooit die volle waarheid agter die storie van ‘n onperfekte moeder nie. Wanneer hulle self ma word verstaan hulle dat moederskap nie perfek is nie. Om ‘n ma te wees is ‘n wonderlike voorreg en ‘n reuse verantwoordelikheid. Bid elke dag vir wysheid en insig en WEES DAAR VIR MEKAAR ten alle tye!