
Dorp: Alberton
Antwoord 1: Ons ma en dogter band is iets wat ons nie in woorde kan beskryf nie, want dit kom uit die hart. Maar soos die spreekwoord sê: ‘Waar die hart van vol is, loop die mond van oor…” Ons band is baie spesiaal omdat ons altyd daar is vir mekaar, maak nie saak wat die situasie verg nie. Ons luister na mekaar, gee mekaar goeie raad en ondersteun mekaar in alles wat ons doen. Bymekaar voel ons veilig en geliefd en ons weet dat ons altyd op mekaar kan staatmaak. Ons lag saam, deel ons geheime en staan by mekaar in alle tye. Ons ken mekaar se vrese, drome en selfs ook die dele wat ons nie soms vir almal wys nie. Ons liefde vir mekaar is onvoorwaardelik en ons is beste vriedinne. Ons band is uniek en kosbaar want dit is nie net ‘n band van bloed nie maar ‘n diepe, onbreekbare verbintenis van harte wat vir altyd aan mekaar behoort.
Antwoord 2: Ons het al deur baie mooi en moeilike tye saam gegaan wat ons verhouding baie sterker gemaak het. Ek het deur ‘n hartseer miskraam gegaan en moeder was elke oomblik daar vir my, sy het na my geluister, raad gegee en my ondersteun wanneer daar seer was. Later toe ons gesin deur ‘n moeilike tyd gegaan het, het ek weer by haar gestaan en haar ondersteun want Moeder is altyd daar vir my. Gedurende my pa se kanker siekte het ons mekaar nog stywer vasgehou en saam sterk gebly, al was dit emosioneel baie moeilik en swaar. Ons weet ook waar ons hulp vandaan kom, van ons Hemelse vader af en saam is ons ‘n wenspan! Hierdie ervaringe het ons geleer dat ons nie net ma en dogter is nie, maar ook mekaar se steunpilare in moelike tye is en dit maak ons band onbreekbaar.
Antwoord 3: Ons het by mekaar geleer wat dit beteken om sterk te wees, maar ook sag en liefdevolle. Ons raad is om na mekaar te luister en mekaar te vertrou en om altyd eerlik te wees. Spandeer altyd kwalitieit tyd saam met mekaar, al is dit net om te gesels of om te lag, want dit bou herinneringe en versterk julle band. Wys altyd vir mekaar respek en liefde en wees geduldig want niemand is perfek nie.