
Dorp: Pretoria
Antwoord 1: Wanneer Ek aan my dogter dink, dan sien ek die braafste, mooiste hart en die mees wyse jong Vrou wat ek ken. Sy gee raad wat my partykeer stom slaan en dan wonder ek hoe sy dit regkry. Sy bring kalmte in chaos en weet hoe om die regte ding te sê op die regte tyd. Ek en sy kan vir ure praat oor die lewe en natuurlik Kos. Sy het van klein tyd in die middel van die kombuis eiland gesit net om te sien waste kos ons maak. Dis vir my so wonderlik om te sien hoe sy gegroei het in haar persoonlike lewe en hoe sy haar entrepreneurskap ernestig opvat. Ons koester tye saam, die koffie surprises, die skelm koek eet en dan lag ons vir ons self omdat ons weet die volgende dag is ons spyt. Ons filosifie is om te lewe en nie terug te staan wanneer die lewe vir ons suurlemoene gee nie. Wanneer ons besig is en die week het verby gehardloop maak ons seker dat daai telefoon oproep ge-antwoord word.
Antwoord 2: Tydens die beplanning vir my troue het my ma ALTYD my ondersteun in my keuses - al was van hulle bietjie vreemd of ontraditioneel vir haar. Sy het my heeltyd herinner dat “watokal jy wil hê, ons sal dit maak werk.” En dis net die tiepe ma wat sy is. Sy het nog altyd seker gemaak dat ek en my sussie die heel beste gekry het, dat ons die heel mooiste lyk en die heel gelukkigste is. Dis die tiepe liefde wat ek ook eendag vir my kinders wil kan gee.
Antwoord 3: Moenie bang wees om vir mekaar te luister nie. Jy weet nooit watste wysheid jy kan mee wegstap nie. Respekteer mekaar se ‘journey’ en julle moet genade en geduld hê met mekaar - julle albei leer nog,