
Dorp: Pretoria
Antwoord 1: Ek wil skryf sodat my ma dit hoor. Ons verhouding is spesiaal oor ek die voorreg gehad het om n enkel ma te sien wat ons altyd eerste gesit het. Een Wie se trane ek kon afvee en sy myne. Wat saam my kon lag en leef tenspyte van haar omstandighede. Ons het geleer om op mekaar straat te maak. Vir mekaar daar te moes wees. Syt my geleer van God, Syt my gewys Wie Hy is. Sys my gunstelkng coffee patner. Ons kan lekker baklei maar niks Sal tussen ons kom nie. Sys my vriendin nie omdat dit mooi klink nie oor ons net mekaar vir baie lank gehad het. En toe gee sy my die beste geskenk en word n ongelooflike ouma en het my seuntjie liewer as ooit en dit is die beste deel. Wie sou kon raak my amazing ma wat my so lief het Sal weereens haarseld tweede sit en my kind kies. Osn doen alles saam en ek weet dit pla mense. Sys my grootste ondersteuner al is ek soms hard op haar. Daars iets anders aand n ma en dogter wat deur alkoholisme, egskeiding en baie trauma was. So band is moeilik om te vind al wens ek ons paadjie vir niemand toe nie sou Ons alles weer oor doen oor ons mekaar en God gehad het. Wat n voorreg om n ma, Ouma, vriendin, coffee patner, kerk maat en Selfs ook Iemand om mee te baklei alles in een te hê. My ma weet al as ek nodig het om my ma te bel. Uit die huis uit getrou, op honeymoon en Covid en net so was my wêreld geruk en is ek Dankbaar syt my man net so lief. Dis n storie van baie seer en trane maar Meer vol God se grenade, Goedheid en Guns. Los hande die beste ma. Ek koester die tyd wat ek nog saam haar het. Want more lyk Dalk net anders. Syt altyd gedink sy moes meer doen vir ons. Geld koop nie wat sy vir my gegee het nie. En Syt my geleer wat ma wees is.
Antwoord 2: Wow waar begin ek. My pa het haar verneuk, hy was n alkohilos en so moes ons vandag ek Gr1 was en my broker 2jaar oud, self regkom. Sonder vervoer ( geloop en bus gery) het die enkelma paadjie begin. Dit het met baie ups en downs gekom. Syt hard gewerk, laat gewerk en ek moes ma speel vir my broer. Later het hy naweke Kom oor slaap by ons. My ma het hom daar toegelaat want ons kon nie bybhom kuier ag die drank probleem nie. Syt ons nooit teen hom afgespeel nie. Gr 8 is my pa aangerand. Hyt bloeding Op die brein en daar is hy gestremd, Lang storie kort my ma was deur my pa so verneerder in haar lewe. Hyt haar ouers se erfstukke vir drank geld verkoop. Hy was altyd drink so Dat ek met my broer by die vernster moes uitklim om hulp te kry en wat doen sy. Sy het laat my pa in haar huis kom kuier. Sy pap lyf (want hys verlam) in en uit die bad gelaai. Hom gebad en in ons huis weereens toegelaat as hy naweke Kom kuier het. Wie doen dit, Wie laat die man wat jou so seer gemaak het, jou lewe over gegooi het, met twee kinders gelos het sonder enige hulp in hulle huis toe. En dit alles vir my. Ek het later besluit Dat sy dit nie Verdien nie en Dat hy nie haar verantwoordelikheid is nie. Sy Verdien meer. En ek het slegs net by hom gaan kuier. Dus het ek ook my troue, hom nie genooi nie. Dit so weg steel van my ma en Dat sy my tot daar gekry het. Dat sy my die vrou gemaak het Wie ek is.
Antwoord 3: God! Hy moet deel wees. Wees in tensioner, sit by haar as sy bad. Lê langs mekaar en praat oor goed tot Iemand aan die slaap raak. Moet nie bang wees vir konflik nie, ons kan lekker baklei maar ons kry dinge van ons harte af en Kom altyd weer terug na mekaar toe. Spandeer tyd saam maak nie saak wat mense dink of sê nie. Tyd is geleen. Wees Dankbaar jyt so n goeie verhouding met jou ma en Dat sy deel is eerder as om wêreld se reëls te volg van wat gesond is. Eendag Wil jy tog hê sy moet n betrokke Ouma wees en glo my dis die grootste geskenk aan jou kinders. N amazing ouma