
Dorp: Centurion
Antwoord 1: My pragtige dogter, hoe beskryf mens so ń spesiale verhouding in paar woorde. Van geboorte af het ons ń spesiale band gehad. Danelle is my steun pilaar, sy is my “go to person”. Ons ondersteun mekaar in alle opsigte. Vandat sy haar studies voltooi het, en begin werk het, bel sy my elke oggend oppad werk toe. Ons sal gesêls totdat sy veilig by die werk is. Dit het begin in 2013, en sy doen dit nog steeds elke oggend. Ons het ń kursus by ons kerk gedoen, en op ń geestelike manier net nog nader aan mekaar gegroei.
Antwoord 2: Ek was in 2014 gediagnoseer met borskanker. Danelle het my diagnose geweet voordat dokter my gebel het. Sy het my in alle opsigte bygestaan en was altyd daar wanneer ek iemand nodig gehad het. Sy het my werk toe gevat en weer gaan haal op die dae wat ek nie lekker gevoel het agv die chemo. Ons verhouding is net so ekstra spesiaal
Antwoord 3: Wees altyd daar vir mekaar. Luister met opregte belangstelling, en gee raad wanneer dit regtig nodig is. Groei saam in alle opsigte, en onthou, om ń dogter te hê is ń spesiale geskenk van God