Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Juanita en Elmoré Kilian en Engelbrect

Juanita  en Elmoré Kilian en Engelbrect

Dorp: Benoni

Antwoord 1: Ek Juanita (mamma 53) en Elmore (dogter 24 ) se verhouding is iets wat jy nie in woorde kan beskryf. Ons hoef nie bymekaar te wees om te weét wat die ander voel op n spesifieke oomblik nie. Ons het n diep gevoel vir mekaar se emotionele en fisiese toestand. Ons kan mekaar net kyk en sonder woorde weet wat die ander wil sê of dink. Ons aard na mekaar, sagte harte, lief vir mense en stel ander altyd bo ons eie belange. Ons spandeer baie tyd saam , lag en gesels intens saam. al is Elmoré uit die huis. Dit is so spesiaal om saam te wees. N ma en dogter liefde onbeskryflik! Ons het dieselfde hande, trek namekaar, selfde gebou, Elmore net meer spiere🤭 Almal sê altyd ons is soos finkel en koljander die een is soos die ander🩷🩷 Elmoré is my jongste en dit is nét anders, ek sien myself toe ek haar ouderdom was. Elmoré was baie besig op skool ;Dans, netbal , atletiek en mamma was by elke danskompetisie, netbal wedstryd en atletiek byeenkoms. Ek was daar om te voer, te kalmeer en aan te spoor👏🏻noudat Elmore ouer is nog steeds 🙏🏻 ons is net daar vir mekaar en is beste vriendinne wat liefde raad en ondersteuning gee wat onvervangbaar is😇 en die belangrikse van alles ons is lief vir onse God en dien Hom elke dag van ons lewe. sonder Hom is niks moontlik

Antwoord 2: Elmore het die geleentheid gekry om Suid Afrika te gaan verteenwoordig by die Disco Dans Wêreldkampioenskappe in Bochum Duitsland toe sy 13 jaar oud was en ek het n plan gemaak om saam met haar te gaan. Dit was Maande van voorbereiding, lang ure en dae aanmekaar oefen, sweet , huil, moed inpraat, lag saam. Stresvlakke het hoog geloop want soveel goed moes gereël word, van Visas, vliegtuigkaartjies, blyplek. Na elke dag se harde werk het ek en sy stil geraak en gesels wat ons alles vermag het. Elmore moes skielik soos n grootmens begin dink en besef wat voorlê dat Suid Afrika op hulle dans span staatmaak. Ons het mekaar emotioneel ondersteun in daardie tyd , ek het alles ingesit om dinge te reël en syt haar as af geoefen om haar deel te doen🩷🩷 In Duitsland was ons skielik op ons eie, lekker saam gelag , verdwaal, gehuil en gebid. Daardie tyd het ons nog nader aan mekaar gebring🙏🏻 Van “ mamma kap my hare, grimering, lashes, maak bietjie stywer my kostuum mamma! Tot Elmore jy beter eet anders kap jy om op die dansvloer🙌🏻en dan was sy my trots om daar uittestap , omtedraai en my reguit in die oë te kyk en wys “ eks reg vir hierdie ding” Hierdie ondervinding vêr van ons tuiste was die beste tyd saam ooit🙏🏻

Antwoord 3: Mamma en dogter moet altyd eerlik wees met mekaar, dit leer opregte vertroue As julle iets belowe, doen dit, hou by julle woord. deel jou gevoelens, moenie terughou nie. Spandeer elke dag tyd saam al is dit net oor die foon of net stil sonder n woord , net mekaar se hand vashou Wees altyd bedagsaam en vriendelik , liefdevol en behulpsaam teenoor mekaar en respekteer mekaar Belangrik bid saam en maak God dié belangrikste in julle lewe