Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Marizaan Smit

Marizaan Smit

Dorp: Johannesburg

Antwoord 1: My ma is my beste vriendin en ek hare. Sy is die eerste persoon wat ek bel as iets sleg of goed in my lewe gebeur. Ons bid saam , lag saam en huil saam. Na die geboorte van my baba dogtertjie verstaan ek ook haar moeder hart beter en is ons onafskeidbaar. Sy is die beste ma en ouma wat hand en tand vir die wat sy liefhet sal veg. Sy het altyd opgedaag vir ons en ons ondersteun. Selfs toe sy twee maal kanker gehad het het sy opgedaag by atletiek byeenkomste , oueraande , koor optredes en self na chemo gaan kers inkopies doen sodat ons nie wonder waar is kersvader die jaar nie. My ma is die sterkste vrou wat ek ken en leer my om ook n sterk vrou en ma te wees.

Antwoord 2: Daar was al vele struikelblokke op ons pad , vanaf kanker tot miskrame maar my ma is altyd aan my sy. Ons het Dec 2025 on familie se rots ( My ma se ma) my ouma verloor. Vir die 5 dae wat my ouma in ICU was was ek en my ma elke besoektyd saam daar. In my ouma se laaste 19 uur van haar lewe het ek en my ma langs haar hospitaal bed gesit , saam haar die Here geloof , saam haar gebid en toe sy later nie meer kon praat nie het ons vir haar gebid en haar voete gevryf. My ouma was so na aan God en daai laaste 19 uur het ons weer saam leer bid en geleer om aan familie vas te hou want die tyd saam is nooit genoeg nie. Ons verhouding het gegroei omdat ons op mekaar moes staat maak. As een bietjie emotioneel raak het die Ander een sterk gestaan. My ma is nie net my beste vriendin nie , sy is my mede vrou van God

Antwoord 3: Klou vas aan mekaar in die goeie en slegte tye van jou lewe want tyd is te gou verby. Vertrou op mekaar en wees daar vir mekaar. Geen mens is ooit net 50% in n verhouding nie. Soms is een 100% en die Ander 0% , soms is dit 50%/50% . Ander kere 70% /30% en dit is okay. Wees die 70% as jou ma net 30% kan gee, em as die tyd aanbreek sal syweer die 70% wees as jy net 30% kan gee. Wees lief vir jou ma want haar liefde vir jou ken geen einde nie.