Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Melissa Strydom

Melissa Strydom

Dorp: Port Elizabeth

Antwoord 1: My ma is my beste vriendin en die persoon na wie ek altyd toe gaan. Sy is altyd daar vir my deur al die goeie en slegte tye. As ’n enkelma help sy my en is sy altyd daar wanneer ek haar nodig het. My droom is om eendag dieselfde tipe verhouding met my dogter te hê as wat ek met haar het.

Antwoord 2: Daar was daar baie goeie tye, was daar ook ’n tyd toe ek baie alleen gevoel het en nie in ’n goeie plek was nie, veral toe my dogter se pa en ek uitmekaar is. My ma was die een wat daar was vir my en my laat voel het dat ek niemand anders nodig het as net haar nie. Sy bly in Jeffreysbaai en ek bly in Despatch, maar sy het steeds byna elke dag deurgekom om ons te kom sien en het my amper tien keer per dag gebel om seker te maak ek is okay. In daardie tyd het sy my ook gehelp om nader aan die Here te kom, waarvoor ek ongelooflik dankbaar is. Ons verhouding het sedertdien soveel sterker geword — nie dat ek ooit gedink het dit kan sterker wees as wat dit reeds was nie.

Antwoord 3: Vertrou jou ma altyd, en luister altyd na jou ma — ja, sy is altyd reg! Wees altyd oop met mekaar en respekteer mekaar. Met respek en vertroue kan die verhouding tussen ma en dogter net sterker word.