Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Natasha Tonkin

Natasha Tonkin

Dorp: Pretoria

Antwoord 1: Waar om te begin. Ek en my ma was nog altyd ongelooflik na aan mekaar. My ma is ñ wonderlike mens met ñ hart van goud. Sy sit altyd almal anders se behoeftes bo oor haar eie. Ek het onlangs self ñ mamma geword en nou verstaan ek werklik wat daardie liefde is. Dis iets wat mens nie kan beskryf vir iemand nie. Mens het net daardie ongelooflike liefde. Ek is 34 en my ma bly daardie persoon wie ek altyd kan bel. Sy antwoord altyd die foon met hello liefie. Wat ñ voorreg om haar my ma te kan noem.

Antwoord 2: Toe ek 21 jaar oud was het ek en my man elope. Dit was eintlik so ñ moeilike tyd vir die familie omrede ons nie vir mense gesê het daarvan nie. Dit was ongelooflik moeilik om nie ñ trou dag te kon deel met my ouers en veral my ma nie. Niks van die rok aanpas, praat oor venues of somme net bond oor die mees belangrikste dag is ñ meisie se lewe nie. Ongelukkig kon ons nie ons huwelik maak werk nie en het geskei. My ma het my bygestaan elke tree van die pad. Die Here het my en my eks man weer bymekaar uit gebring en met die grootste genade kon ons finally ons troue doen jare later. Die gevoel om te weet dat ek dit met my ma kon deel is iets wat ek nie kan beskryf nie. Sy het die mooiste goue armband as geskenk vir my gegee. En dit is my foto wat ek bygelas het. Dit was ñ oomblik wat ek nog altyd wou hê. Meer as net ñ mooi foto was daardie dag vas gevang deur ons fotograaf. Vandag het ek self ñ kindjie, en nie net is sy die beste ma nie, maar sys die beste ouma vir haar klein kinders

Antwoord 3: Ek besef vandag my ma het altyd net haar beste vir ons gegee. My pa was baie min betrokke as gevolg van sy werk. Sy het my en my suster basies alleen groot gemaak. Wees mekaar altyd genadig. Dogters, weet dat julle ma’s hulle beste gegee het om ñ goeie voorbeeld vir ons te kon wees. Ek het nooit besef hoeveel my ma moes opgee vir ons nie, maar steeds het sy dit gedoen sonder om eers te twyfel. Hierdie lesse het my geleer om my ma werklik lief te hê vir die mens wie sy is. Ons maak almal foute, maar mens moet mekaar kan vergewe en aanvaar vir die mens wat mens is. Fokus op mekaar se goeie einskappe, en bou mekaar altyd op. Wees vriendinne en geniet die lewe saam. Mens word net een ma gegee, koester haar.