
Dorp: Pretoria
Antwoord 1: Al was ek baie jonk toe ek geseen is met my pragtige dogter Charmonique was sy die grootste geskenk van bo. Van dag 1 af het sy soveel vreugde en liefde nie net in my lewe ingebring nie, maar ons hele familie. Dit is waar sy haar naam gekry het, ons Sonskyn kind. Met haar groot glimlag en uitspatige lag, haar avontuurlustige geaardheid, helder sy net alles op oral waar sy gaan. Die jaar maak sy my ook 'n ouma en dit het ons band net nog sterker gemaak. Sy het my geleer hoe om lief te he, ons het mekaar ondersteun deur al die moeilike tye en saam gegroei. Sy is my oudste, die gom wat ons gesin bymekaar hou. Ek was 17 toe sy gebore is, en agv haar het ek nuwe moed gekry, ek het my Matriek geslaag saam my maats met haar aan my sy, die onderwysers was baie ondersteunend, en elke middag na skool het 'n string vol maats gevolg om eers te kom pop speel voor ons die dag se huiswerk en leer aanpak. Sy het my op n jong ouderdom verantwoordelikheid geleer, liefde geleer, geduld, en nog geduld geleer. Vandag pluk ek die vrugte, want God sal nooit iets op jou pad stuur wat jy nie kan hanteer nie. Elke situasie maak ons sterker, en ek is bitter trots op die jong dame wat sy vandag is. My sonskyn kind, en oor n paar daggies my sonskyn mamma kind.
Antwoord 2: Ek dink die ergste was toe sy Gap jaar gevat het in Port Elizabeth, haar blinde derm het gebars en sy was opgeneem in die hospitaal daar, ek het dadelik op n vliegtuig gespring en toe sy uit die teater kom was ek daar. Dit is nooit lekker om deur so iets te gaan nie. Maar daar was sy al ouer en klaar met skool, die rebelse tiener het bietjie verdwyn, en sy het besef dat ek altyd daar sal wees vir haar. Dit het defnitief ons verhouding versterk, voor haar Gap jaar het ons baie vas gesit, dis maar tiener dinge, na sy terug gekom het was ons meer vriendinne vir mekaar, en die bakleiery was in die verlede. Ons het mekaar beter begin verstaan.
Antwoord 3: Al wil 'n ma he dat jou baba altyd jou baba moet bly, moet ons besef, die lewe en belangstellings verskil van toe ons jonger was, die kinders word te vinnig groot,' n mens moet weet waneer om n ma te wees en waneer jou kind 'n vriendin nodig het. Wees altyd' n oor om te luister en 'n skouer om op te huil, wees versigtig met waneer jy oordeel. Dis nie altyd maklik nie, maar as jy dit kan reg kry sal julle verhouding die vrugte daarvan pluk.