
Dorp: Kaapstad
Antwoord 1: As ek aan ons verhouding dink dan som Tannie Laurika Rauch se liedjie dit mooi op:” En al lek die dak en die mure breek; die verf dop af in die skaduwee; die trappe kraak en die teëls is los; Liefde oorheers in hierdie verhouding van ons. Ons persoonlikhede verskil soos dag en nag, juis hierdeur ons spesiale verhouding. Ons het deur die jare geleer dat daar ruimte is vir altwee se uniekheid in die verhouding. Soos enige verhouding (al is ons ma en dogter) moes ons leer om met respek en liefde ons andersheid te vier. My ma kry haar energie vanaf mense, waar ek nou weer glad nie ñ sosiale vlinder is nie. Sy kon nooit verstaan dat ek so dol gelukkig is om net by die huis te wees nie, soveel so dat sy bekommerd geraak het dat ek heeltemal té alleen gaan wees, lol. Een voorbeeld van ñ verskil waar ons geleer het om mekaar tussenin te ontmoet. “Dis jou mense wat jou huis is”
Antwoord 2: Die dag toe ek ook die voorreg gehad het om ñ mamma te word, was dit weer ñ groei moment vir ons verhouding. Ek het haar liefde, opofferings, stres, geluk, blydskap en gebede soveel meer begryp. Dit het ons nog meer dankbaar gemaak vir mekaar. Ons het weer die lewe ervaar deur die oë van ñ kind/kleinkind en besef wat ons eintlik in ons verhouding het. Ons selfoon oproepe het verseker van minute na ure toe gegroei.
Antwoord 3: As die fondasie vas is kan julle op dit bou. Geloof, respek en liefde is deel van ons fondasie. Daar is ruimte vir altwee se uniekheid. Help mekaar versterk aan elkeen se sterk punte en ondersteun mekaar met die swak punte. Eerlikheid teenoor mekaar is net so belangrik, terselfde tyd om werklik te luister na die ander een voel ewe belangrik. Dra die lesse saam wat klaar geleer is. Geniet die voorreg om ñ ma en dogter verhouding te kan vier.