Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Anrié Venter

Anrié Venter

Dorp: De Aar

Antwoord 1: Hoe lekker is dit om saam te blom, presies waar ons geplant is. In die hartjie van die Karoo (De Aar) werk, speel en leef ons twee saam! Ons is albei in die gasvryheids bedryf. Berli bedryf haar eie koffiewinkel, Schreinerhuis in De Aar. Dis behoorlik 'n kontrei huis vir almal in die omgewing! Ek het Karoo Kooi Gastehuis op ons plaas tussen Britstown en De Aar. Ons vul mekaar goed aan, maak nie net mekaar se sinne klaar nie maar waar die een ophou - vat die ander weer vas. So 'n voorreg om funksies en klein troues saam te doen en ons kreatiwiteit so uit te leef. Saam probeer ons dit so klein bietjie lekkerder maak vir ons Karoo vroue! Ons deel 'n liefde vir blomme en mooigoed. Tuinmaak en plante is ook 'n passie en ek geniet dit om saam met Berli se 2 kinders in die tuin te vroetel en groente sommer van die plant af te eet! Ons hou van lekker lag én lekker eet, ons gesinne is ons alles! Ons is geseënd om 4 geslagte vroue in een dorp bymekaar te kan wees: Ouma Grooi - Brenda 81, Anrié 53, Berli 30 en klein Amaya amper 2.

Antwoord 2: Berli het modelwerk gaan doen in Italië op 15 en ek is saam! DIt was n groot avontuur vir ons albei. Ons het beslis nog nader aan mekaar gekom daar in die vreemde! Ons was nog altyd na aan mekaar, maar met die geboorte van haar kinders het ons verhouding 'n ander dimensie aangeneem. Dit was belangrik vir my dat sy op haar eie tyd en manier moederskap aanpak! Ek het baie respek vir haar as mamma en bewonder haar geduld en oorgawe waarmee sy hul opvoed. Om dinamies te wees in alles wat jy aanpak is belangrik. Ook om liefdevolle, vrolike tuistes te skep vir ons gesinne - gebou op liefde, geborgenheid en omgee, getrou aan Sy liefde en voorbeeld.

Antwoord 3: Wedersydse respek en die kuns om so naby aan mekaar te bly en steeds vir mekaar ruimte te gun is ononderhandelbaar. Onvoorwaardelike liefde en ondersteuning is deel van elke dag - wat 'n voorreg om te kan ervaar hoe my dogter blom en groei - huweliksmaat, mamma en sakevrou! Ouma wees, so 'n voorret - met sagte armpies om my nek - dankbaar om toegelaat te word om 'n bydrae te kan maak tot hul menswees en bestaan! Saam is ons sterk!!!