Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Joanice Schutte en Hilda Stander Joanice en Hilda

Joanice Schutte en Hilda Stander Joanice en Hilda

Dorp: Pretoria

Antwoord 1: Ons twee se verhouding het 25 jaar gelede begin toe ek op die ouderdom van 37 jaar Geseënd was om swanger te word met my eerste baba. Die eerste woorde aan die, toe nog, onbekende lyfie was n frase uit n gedig: "Immer was jy n droom, bladsy vir bladsy het jy uit my pen geleef, maar skielik het jy waar geword" Reeds daar het ons geweet dat die band tussen ons twee vir altyd spesiaal sal wees. Ons verhouding is nog altyd een van gedeelde vreugde, pret, saamhuil, saam hardop lag, saam "girlie" goedjies doen en saam pappa se kredietkaart en al sy bederf en liefde geniet. Ons kyk in mekaar se oë en sien mekaar se harte. Ons voel mekaar, sonder woorde. Ons deel mekaar se mens-wees en geniet elke seisoen van grootword en ouerword met oorgawe. Ons dien en glo in dieselfde God en kan bid in dieselfde taal. Ons glo in die woorde dat om n dogter te he, het jy vir ewig n beste vriendin. Ons koester mekaar se eie menswees en is mekaar se beste vriendinne binne n ruimte waarin ons veilig voel. Ons sê elke dag vir mekaar ons is lief vir mekaar en gee mekaar drukkies en bo alles waardeer ons mekaar. Ons het nie presies dieselfde persoonlikhede nie, maar tog het ons dieselfde beroepe gekies. Ons legkaartstukkies pas perfek.

Antwoord 2: Ons is nederig dankbaar om te kan getuig dat ons baie min slegte dinge beleef het. Tog gebeur die lewe en die wêreld se dinge, en is ons ook deur die normale dinge soos skoolprestasies, leierskap, danskompetisies , kunswedstryde, hokkiewedstryde, verhoudings en verliese deur dood. Tog het ons oop kommunikasie gehelp dat ons deurgaans emosies opreg en eg kon deurwerk en perspektiewe kon deel. Ons algemene spreekwoord(wat al deur ouma oorgedra is) was: "Alles kom reg as ons n lekker koppie tee saam drink" Ons beste tye van gesels en groei was al die baie ure in die kar oppad gimnastiek toe , sport toe, dansklas en danskompetisies toe. Ure van gesels en idees uitruil. Later was dit universiteit toe, saam gesels oor ons studierigtings en die lewe. Ons vaste tye van "ma en dogter dates" met naels doen, koffie drink, winkels platloop. Maar ook die goeie tye van net "wees"en op die bank sit en mekaar se teenwoordigheid geniet. Ons is dankbaar dat ons kan sien hoe ons mekaar laat groei het in al die verskillende rolle van ma-wees en dogter wees.

Antwoord 3: Ons raad aan ander ma's en dogters om n goeie verhouding te hê is: *Laat elke party toe om sy eie storie van sy lewe te skryf as ma en dogter. Moenie jou lewe deur die ander persoon probeer leef nie. *Sien elkeen raak vir die mens wat sy is. Hê die ander party onvoorwaardelik lief. Sonder eise en vooroordeel. *Maak tyd vir mekaar, kommunikeer met oogkontak en luister na mekaar sonder altyd raad gee en probeer voorskryf. *Druk mekaar, wys liefde ook deur dade, bederf mekaar en spreek waardering uit vir mekaar. *Bou pret in en skep geleenthede vir kwaliteit tyd saam. Lag hardop en huil hardop saam. *Maak tyd om saam te bid en hartsdinge te deel. *Verskil in liefde van mekaar om perspektiewe te deel. Mammas is nie altyd reg net omdat hul die ouer is nie. *Geniet elke seisoen van mekaar ten volle want seisoene is tydelik. *Partykeer mag ma's en dogters ook bietjie "skinder". Net waar hulle mekaar kan hoor....al is dit oor hul mans, want n ma en kind moet so veilig en geborge by mekaar voel dat hulle weet hul kan mekaar in alles vertrou. *Leef in die oomblik van jul verhouding.