Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Ruzanne Janzen van Rensburg

Ruzanne Janzen van Rensburg

Dorp: Vanderbijlpark

Antwoord 1: Legio aspekte doen! Ek het na ons seun se geboorte, vir wie ek ongelooflik lief is,'n pienk voet dogtertjie begeer. My eie vriendin. My dogtertjie wat kon danslesse neem en saam my inkopies doen. Ons is in alle opsigte regtig beste vriendinne en sielsgenote. Soos iemand eendag tereg gesê het: Julle twee is soos 'n paar boude, ek gaan julle sommer Chipee en Chipoo noem. Ons ondersteun mekaar in elke stap van die lewe. Ons kan saam lag en huil. Ons deel nie net liefde nie, maar ook ons drome en aspirasies. Sy is my trots en ek is haar anker, en hierdie hegte band gee ons die krag om saam elke uitdaging te oorwin. Saam het ons al na baie spesiale plekke gereis. Die magiese vuurvliegies in Selankor, Malaysia gesien. Die Hermanus Camino gestap. Een 'n totale ekstrovert en die ander een meer introverties. Daar is niks waaroor ons nie opreg kan praat. Ons is eerlik met mekaar. Ondersteun mekaar in alle opsigte. Glo in mekaar en is mekaar se grootste ondersteuners. Ons deel dieselfde belangstellings. Leef 'n gesonde leefwyse. Ons is aktief, lief om nuwe plekke te ontdek, inkopies te doen, lekker wyn te drink en net soveel meer. Ons smaak is net 100% dieselfde. Ons kan in 'n winkel loop en 10 minute later saam opeindig met presies dieselfde items in ons hande. Ek mag dalk nie al die antwoorde hê, maar staan rotsvas agter my dogter. As sy suksesse bereik is ek die hardste chearleader en as sy val is ek haar veilige hawe en andersom. Ek wil net die beste vir haar hê en sterk ouerbande en ondersteuning is alles in vandag se tye. My motto wat ek Khanya geleer het. Die wêreld is jou oester. Gryp dit vas. Glo in Ons Vader en in jouself. 'n Ma sien jou goeie kwaliteite en unieke talente raak. Is nie jaloers en staan jou by om jou potensiaal as mens te bereik. Ons deel 'n ongekende passie vir diere in nood en ons naastes wat sukkel. Ek as ma sien die verskil wat sy in die wêreld maak en presies hoe uiters hardwerkend sy is en wat sy alles al in haar kort lewe al bereik het. Khanya is geleer, jy hoef nie perfek te wees nie, doen net jou beste. Dit is genoeg!Ons kon voorwaar 'n tweeling gewees het. Die belangrikste aspek is wel dat die grenslyn nogsteeds daarin lê dat ons beste vriendinne is, maar wel dat ek as 'n ouer figuur die ma bly.

Antwoord 2: Khanya was maar 'n graad twee dogtertjie toe ek met stadium 4 borskanker gediagnoseer is. Dit was 'n groot skok vir ons as gesin en het 'n groot inpak op 'n dogtertjie se gemoed gehad dat mamma wat 'n tuisteskepper is, ewe skielik nie daar was en bitter min krag gehad het met kinder aktiwiteite. Ook is my eggenoot tydens Covid 2020, 36 dae gehospitaliseer in ICU met Covid en was ten volle geventileer. Mamma moes instaan en sterk wees vir almal. Swaarkry is altyd 'n manier om gesinslede se band te verstrek met saamstaan en ondersteuning. Goeie tye was daar in oorvloed. Ek was en is nogsteeds 'n uiterse betrokke ma. Daar was ongelooflike lekker skool aktiwiteite, sport, chearleader en netbal dae. Menige kere moes ek inspring en chearleader en netbal rokke ontwerp. Daar was tye wat dit gevoel het ons leef in ons motor a.g.v al Khanya se aktiwiteite. Sy was en is net werklik 'n kind wat in alle sfere van die lewe die bul by die horings aanpak met 'n onuitputbare gedrewendheid. Die hoogtepunt van ons beste tye nog ooit, was om haar sprokiestroue saam te beplan verlede jaar,April 2025.Dit was die lekkerste tye, die samesyn, die ure se saamwerk is onvervangbaar, om nie eens van die groot ongelooflikheid van die dag te praat nie.Khanya was vir my as ma diè mooiste bruid wat ek nog ooit gesien het.Hierdie verbinding tussen ons twee is 'n siels konneksie wat jou dra deur die oppe en affe van die lewe se trane en glimlagte. (Uit Khanya se perspektief) Ek is verlede jaar, April getroud en definitief my ma op ‘n “wild ride” geneem. Ons het van die mees ongelooflikste avonture saam beleef en die moeilikste uitdagings. As iets skeef geloop het deur die trou beplanning, was my woorde: “Mamma asseblief bel die mense”! Met al die beplanning na die aanloop van my troue, wat ‘n lewensveranderde dag was, het ek beslis die gewig van alles wat my ma vir my gedoen en gegee het gevoel. Al die liefde, leiding en al die opofferings wat sy oor die jare gemaak het. My ma was en is nogsteeds my rots, my konstante, my grootste cheerleader en my beste vriendin. Deur elke lag, traan en mylpaal nie net op my troudag, maar deur my hele lewe het my ma bygestaan met “unwavering love”.

Antwoord 3: ‘n Sterk gevestigde band tussen 'n ma en dogter begin baie beslis kleintyd al. 'n Ma moet tyd maak vir samesyn en liefde in die gesin. Nie alle kinders se persoonlikhede is dieselfde en 'n mamma moet elke persoonlikheid akkommodeer om die beste eienskappe uit daardie kind aan te wakker. Doen dinge saam, bid saam en praat oor dinge wat pla. Wees oop en eerlik, beredeneer dinge, wees innoverend. Gaan saam vir daardie kursus wat julle altyd wou doen. Die lewe is kort, moenie uitstel en verby mekaar leef. Verdien mekaar se respek juis met al die bogenoemde aspekte.Wees mekaar se ondersteuning stelsels. Nie almal gaan op dieselfde tye deur goeie en slegte tye. Kwaliteit aandag is van kardinale belang. Daardie lekker girlie tye saam bv 'n koffiewinkel besoek, jou dogter se eerste grimeerles en lekker spa behandeling. Haar leer van die verskillende maniere om stylvol aan te trek vir toepaslike geleenthede. Dat ontwerpers klere nie noodwendig die alpha en omega is, maar eerder hoe jy jouself dra en uitbeeld as jy aantrek. Die sagte, maar tog ferm manier van reëls neerlê oor inkomtye en kêrels. Die goeie verhouding tussen ma en dogter bou selfvertroue in beide partye. Om te weet jy is geliefd en maak nie saak wat die probleme is wat jou kniehalter, daar is iemand wat uitkyk vir jou.'n Goeie ma dogter verhouding vorm hoe ons groei in die lewe, hoe ons leierskap toepas en hoe ons lief het."It is a foundation of legacy" Jou dogter lyk soos jy, tree op soos jy, maar tog is sy uniek en in baie opsigte sterker as wat jy was. Sy is al die beste dele van jou en meer. Sy staan sterk en jaag sommer ook jou drome na. Die geleerdes sê. God het jou 'n dogter gegee, want hy het geweet jou siel kort 'n "forever friend".