
Dorp: Witbank
Antwoord 1: Van kleintyd af het ek en my ma ’n besondere hegte band gehad. Sy noem my altyd haar naelstring – en dit beskryf ons verhouding perfek. Daar gaan nie ’n dag verby wat ons nie met mekaar praat nie. Dis asof ons harte altyd aan mekaar verbind is, maak nie saak waar ons is nie. Ons verhouding is moeilik om in woorde vas te vang, want dis meer as net ’n ma-en-dogter-band. Ons is werklik sielsgenote. Ons deel nie net liefde nie, maar ook ons lewenspad. Ons geniet dit om saam te reis, saam damesoggende en naweke by te woon, en selfs saam ’n gastehuis te bestuur – iets wat ons nog nader aan mekaar gebring het. Wat hierdie band nóg meer besonders maak, is dat my man haar net so liefhet soos ek. Sy is nie net my ma nie, maar ’n onmisbare deel van ons hele gesin. Ons verhouding is gebou op liefde, vertroue, lag, ondersteuning en ’n diepe verstaan van mekaar – iets waarvoor ek elke dag dankbaar is.
Antwoord 2: Daar sal altyd goeie en minder goeie tye in elkeen se lewe wees. Mens moet mekaar ten alle tye ondersteun en respekteer en vir mekaar bid. Daar is verseker meer lekkerder tye as nie-lekker tye. En as mens terug dink aan al die plekke waar ons al saam gereis het is daar so baie mooi memories, grappe, fotos, simpel tye en net lekker kuier tye. Mens se verhouding groei baie as jy saam iemand op vakansie gaan, maar dis vir ons m groot seën om dit saam my ma hulle te kan doen.
Antwoord 3: Ons sal sê dat elke verhouding van twee kante af kom. Mens maak die besluit hoe jy n verhouding wil he, en dan hou jy daarby. Ons het besluit ons wil n mooi en goeie band he en ons was oop met mekaar en het gewerk aan die ma-dogter-verhouding. Vat mekaar soos elkeen is, moenie mekaar probeer verander nie, maar die belangrikste, dien die Here saam en bid vir mekaar.