
Dorp: Lephalale
Antwoord 1: ñ Ma en dogter verhouding is nie alleenlik wat die titel behels nie. Hulle, is mekaar se steen pillar. Mekaar, se "go to girl." Ons Kan met met mekaar alles deel, goed of sleg. Ek en Danalyn is mekaar se beste vriendin.
Antwoord 2: As ñ Jong dogtertjie van ses jaar oud, moes my eerste, my liefling kind ervaar wat geen kind verdien in hierdie lawwe wêreld van ons.... Sexuale mishandling, en dit deur iemand baie na aan my en haar. Hoe? Hoe kon dit gebeur het ek myself gevra keer op keer, ñ seer wat jy as Ma, wil wegneem en dra sodat haar dogtertjie net nie als wat voorle moet deurgaan op so jonk en onskuldige tyd van haar lewe. Self verwyd het baie kom klop op hierdie Mamma hart se deer. Maar met God was dit pad voorentoe nie so swaar nie. Alle eer aan Hom, wat ons daar deur gebring het. Vandag is my pragtige mensie op pad "20" toe. Wat ñ seëning. Op twee dae oud is daar gese....Groet julle kindjie die lyfie is te siek en swak om aan die lewe te bly.
Antwoord 3: Luister! Maak tyd en luister na wat jou kind/kinders vir jou te sè. Laat toe dat hulle ruimte het om enige tyd met jou te kan praat, of dit iets swaar op die hart is, of iets waaroor hulle opgewonde is. Luister! Don't judge.... Pas discipline toe altyd, Mamma wees eerste altyd, dan vriendin. Huil voor jou kinders, hulle moet ook weet dat die lewe ook soms jou as Mamma om gooi. Wees ñ biddende Mamma, want sonder God is ons niks. Wees lief! Lief vir wie hulle as mens is. Koester hulle, laat hulle weet hulle is spesiaal. Hulle is geliefd. Mag hulle weet.... Haal net asem ek Kan my Mamma bel.