Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Terina Britz

Terina Britz

Dorp: Kaapstad

Antwoord 1: My ma is my beste vriendin, my vertroueling, steunpilaar en bron van onuitputbare raad en liefde. Ek weet ek kan haar enige tyd bel of dit nou ‘n 5 uur die oggend tipe video oproep is vir koffie of ‘n 12 uur die nag…. ek is veilig by die huis boodskap. Ons weet presies wat in die ander se kop en hart aangaan sonder dat ons ‘n woord hoef te praat. Dit is vir my die grootste voorreg om op ‘n girls trip te kan gaan. Ons het al soveel avonture saam aan gepak… roei, tree-topping en van kranse af gespring (al het sy hoogtevrees). Maar dit is haar vermoë om die meeste van elke situasie te maak wat besonders is. Met haar aansteeklike, harde lag is sy sowaar die sterkste vrou wat ek ken…. En my gunsteling dans-partner.

Antwoord 2: Ek het ‘n jaar terug my seuntjie verwelkom… ma het Ouma geword. Na die egskeiding en die feit dat my ma, my en my jonger boetie alleen groot gemaak het, was hierdie aanpassing vir my die grootste. Ek het bly hoop dat ek vir my seuntjie so goed kan wees soos sy vir ons was en elke dag is. My ma het my deur daardie eerste paar maande gedra. Na boetie kom Kyk sodat ek ‘n bietjie slaap kon inkry, in haar kar gespring as sy dink ons het enige iets nodig. Nou dat ek self ‘n ma is verstaan en waardeer ek hoe ons groot gemaak is. Gee altyd jou bes, werk hard en verstaan dat die liefde geduldig is…..nooit opgee nie.

Antwoord 3: ‘N oop verhouding, eerlikheid hou verwagtinge realisties en bied versekering dat hulp naby is. Maak tyd vir mekaar; ‘n boodskap, oproep, uitstappie.