Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Mariska Botha

Mariska Botha

Dorp: Swartwater

Antwoord 1: Daar is nie n persoon in hierdie wêreld wat jou so goed ken soos jou ma nie. Jou ma ken jou soms beter as wat jy jouself ken en ek kan getuig daarvan want hier het my ma aande aan een gewerk om die trourok van my drome klaar te maak. Elke keer as ek vra gaan dit mooi lyk dan sê sy net glo in jou ma en dit is presies wat ek gedoen het en op my troudag was ek in die rok van my drome. My ma is my beste vriendin met wie ek alles kan deel en sy my sal reg help waar ek verkeerd is want sy is n eerlike ma wat net die beste vir haar 4 kinders wil hê al is dit om n voorbeeld te maak van n goeie lewensles waaruit ons moes leer. En te danke aan haar is ons die vrouens wie ons vandag is wat net soos my ma, die beste vir ons dogters ook soek eendag. My ma kan ook in my stem hoor as iets fout is al probeer mens dit hoe goed wegsteek dan weet sy altyd presies hoe om mens beter te laat voel en anders om ook. Dink nie ek sal ooit ophou terug gee aan my ma wat sy al alles vir my gedoen het en beteken nie. My ma is n yster van n ma en ek is baie lief vir haar.

Antwoord 2: Sjoe met al my verhoudings was my ma daar vir my en elke keer as ek hartseer of teleurgesteld was oor iets het sy dit so goed hanteer dat ek altyd gedink het ek het n vreeslike slim ma want sy sê ook altyd net die regte goed. En al het van my verhoudings geeindig was ek en my ma se verhouding al beter.

Antwoord 3: Praat met mekaar al is dit moeilik om die regte woorde te kry en wees net eerlik. Dan bou mens die beste verhouding ooit tussen mekaar want die vertroue is 100%. En jy kan maar jou ma glo as sy raad gee want sy het die lesse al klaar geleer in haar lewe.