
Dorp: Piet Retief
Antwoord 1: Nie en lyk ons twee soos copy and past nie, verjaar ons albei in Julie. Ek die 6de en my dogter die 9de. Ons het vandat Alisha gebore is, het ons hierdie spesiale band tussen ma en dogter. Ons lag saam, huil saam en het albei n omgee hart wat lief is vir mens en dier. Ons probeer waar ons gaan om n verskil temaak in iemand se lewe maak nie saak hoe groot of Klein nie. Ons sien net die beste in elke persoon. Ons beide ma's wat alles gee vir ons gesinne. Familie kom eerste en dan ons.
Antwoord 2: Alisha het vanaf die ouderdom van af 5 model werk gedoen en aan heel wat kompetiesies plaaslik deelgeneem. Daar het ons van uithoevermoee geleer. Soms het ons baklei met die voorbereiding en dan gese nooit weer nie maar na elke een het ons weer ingeskryf vir die volgende een. Daar het ons geleer ons saam te staan , lag en weer probeer. Opgee was nie n opsie nie. Ons motto in die lewe is " Don't dream your life. Live your dreams"
Antwoord 3: Kommuniekasie is baie belangrik in alles verhoudings. As jy n dogter het, het jy n beste vriendin vir n leeftyd. Ma en dogter waardes kom van geslag na geslag. Sien die beste in mekaar, wees lief vir mekaar maar moet ook nie blind wees vir mekaar se foute. Lig mekaar op. Probeer elke dag die beste jy wees. Wees daar vir ander en jou gesin. Bly posetief en wees net jouself.