
Dorp: Tzaneen
Antwoord 1: My Ma, sy is besonders. My ma kan net vir my kyk en weet, overwhelmed hartseer omgekrap - sy pin point en dieselfde vir my. Ek en my ma is op n Jong ouderdom uit mekaar (egskeiding) en ons band het net sterker en sterker geword oor die jare. Toe ek in 2024 geboorte gee aan my dogtertjie het sy vir 4 maande by my gebly ( hulle 2 het net so sterk band) sy bly tans weer by my, afgetree!!
Antwoord 2: My ouers is geskei op n baie Jong ouderdom (vir my, Gr 2) ek het by my pa gebly en sy het stad toe getrek. Sy het my nooit enigsins laat voel ek word sonder haar groot nie, sy was daar met alles, wel meeste wat sy kon. Emotionele by stand is so belangrik veral met meisies wat ouer word en die veranderinge, al was ons nie fisies bymekaar nie het sy my toe al so goed geken net deur my stem oor die foon. Sy is en sal altyd n ma duisend wees, sy sal haar kinders altyd 1ste plaas en haar laaste sent of kleding stuk aan haar lyf gee.
Antwoord 3: Luister om te verstaan!!! Hormone vir Jong meisies is rof en dis waar ek nooit gevoel het sy verstaan my nie, en ek probeer dieselfde met my dogtertjie. Grace en liefde vat mens so ver en om n oop verhouding te he is die beste ding wat mens kan doen. Oop kommunikasie, sy het nog altyd reg van verkeerd geskei en nooit net my part gevat as ek verkeerd is nie. En dit beteken vandag vir my soveel meer.