
Dorp: Ruimsig Roodepoort
Antwoord 1: Ek en my ma is die definisie van Vinkel en Koljander. Daar is nie ń dag wat verbygaan wat ons nie weet wat in mekaar se lewens aangaan nie. En boon-op dit, drink ek en my ma dieselfde drankie! Dit is altyd vir my die grootste voorreg om te hoor; "Jy lyk soos jou ma." Want net soos goeie wyn age sy baie goed! Ek en my ma kan met mekaar kommunikeer deur net vir mekaar te kyk. Ons hou dans partytjies op die vreemdste plekke en lag uitspattig asof niemand ooit vir ons kan kyk nie. My ma is my grootste ondersteuner, wanneer ek die malste goed wil aanpak sê sy net : "Ek sal saam jou gaan." Ons verhouding is spesiaal want ek weet dit kan net die Here wees wat geweet het, sy is presies wie en wat ek nodig het. Van gebed, tot dom grappies, noemname vir al die kêrels, maar letterlik die sout van die aarde mens. Ons gunsteling liedjie saam is Heaven van Bryan Adams, en One Last Kiss van Chris Norman. Daar sal nie ń geleentheid verbygaan waar die liedjies speel en ons albei hom vollebors sing nie. My ma is my beste maatjie! Die bybel sê ons onthaal engele, en my ma is beslus ń engel gestuur van bo!
Antwoord 2: Sou ek julle vertel van al die goeie tye, gaan julle virewig hier sit en lees. ń Minder goeie tyd was in 2025 toe ek in ń verhouding was wat verskriklik ongesond was, die verhouding het nie net fisiese mishandeling gehad nie, maar ook emosionele mishandeling. Toe ek daar uitstap het my ma die eendag in trane na my toe gekom en vir my gesê : "ek het gedink ek het my dogter verloor." Eerlikwaar het dit my gebreek, en net daar het ek besef wat die krag van ń moeder gebed is. Van dag 1 af het my ma nie ń lekker gevoel gehad oor die kêrel nie. Maar stil terug gestaan dat ek my eie foute moet maak. Daarna het ek besef dat familie, veral ons ouers, nie iets is wat jy afskryf vir ń kêrel nie. Van daar af, het ek en my ma ń band gehad soos nooit vantevore nie. Die Here het werklik ingetree en genees, maar ook net weereens my bewys hoe effektief gebed is. My ma staan altyd by my, en tree vir my in in gebed. Daar is nie n dag wat verbygaan wat ek wonder of sy vir my bid nie!
Antwoord 3: Die raad wat ons het vir ander dogters en ma's is, doen goedjies saam. Stel belang in mekaar se lewens. Gaan op koffie dates (laat pappa betaal natuurlik). Gaan ry rond en kyk na die son, praat oor hoe jou dag was. Uit ń dogter perspektief, wil ek net sê ma's weet eintlik meer as wat ons wil voorgee. Luister vir jou ma, want daar is wysheid agter die grysheid. Maar die belangrikste van almal is, bid vir mekaar, oor mekaar, en spreek seën en voorspoed oor mekaar se lewens. Herstel gebrokenheid, sê jammer wanneer jy moet(al wil jy nie). Maar bowenal, hê mekaar onbaatsugtig lief!