Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Kayla Mullens Cathy Mullens

Kayla Mullens Cathy Mullens

Dorp: Cape Town

Antwoord 1: Ons verhouding is defintief baie uniek en spesiaal. Soos my pa sal sê "Julle bakle! nou soos n kat en n hond, dan weer in die volgende oomblik kan julle grappies maak en lag". Pa's verstaan dit nie maar dis hoe n gesonde verhouding moet wees. Oh en moet nie die woord "special" voor my of my ma noem nie anders is ons nou aanlyn besig om goed te koop of oppad winkels toe.

Antwoord 2: Ons ma en dogter verhouding word soms uitgedaag maar ons groe! en leer definitief nog elke dag meer van mekaar. Ongeveer 9 jaar terug het my lewe vir ons albei uitgedaag oor hoe om mekaar te ondersteun. Ek het n mediese kondisie al van geboorte en toe ons uitvind ekt n terugslag gehad, het dit ons albe! gebreek. Die ma hart wat haar dogter moet troos en haarself moet strerk hou vir haarself en haar kind. Dit was ń jaar en n half van trane, lag en teleurgesteldheid. Om te hoor daar is nie veel meer wat die dokter vir jou kind kan doen nie is tragies. My ma was my steenp!laar en my beste maatjle as ek verveeld was in die hospitaal. Sy het die beste probeer maak van n slegte tya. En al was daar nie geld nie het my ma seker gemaak dat sy vir my kon "lekker" kos koop, want ek het gewyer om die hospitaal kos te eet!

Antwoord 3: Onthou jou ma weet wat goed is vir haar kind en sy sal alles op offer vir ons. Belangrik, Wees geduldig met mamma sy weet nie altyd hoe die nuuste tegnologie werk nie, so ons jonges moet hulle mooi verduidelik.